Die positiewe van die tranedal
JACKY BRITZ, KAPTEIN VAN DIE REHOBOTH BASTERS, SKRYF:
Die Covid-pandemie saai verwoesting onder ons mense, maar die positiewe van die tranedal is dat dit die ware omgee onder ons mense sterk navore gebring het.
Verskeie groepe en individue probeer om 'n bydrae te lewer ter wille van ons mense, soos die Covid Reaksiegroep, wat waardeer word.
Hierbenewens kan die noemenswaardige bydraes van die Pupkewitz-groep, die Rehoboth Community Trust, Namport en individue uit die gemeenskap wat mildelik bydra tot hierdie goeie saak soos byvoorbeeld die suurstoftenk net erken en waardeer word. Die bydraes is legio en ons mense se harte en sakke is oop.
Al hierdie pogings, asook die waarvan ons nie weet, word hoog waardeer.
Bogenoemde pogings is werklik aansteeklik, want die Step-up Ark Community Organisation is besig met 'n voedingsprogram om ons mense in nood te help om sodoende nie op 'n honger maag medikasie te gebruik nie. 'n Groot dank aan die vroue vir hulle inisiatief en uitreiking in die gemeenskap en meer spesifiek aan die kliniekpersoneel.
Die Kapteinsraad in samewerking met van die leiers van die dorpsraad en streeksleiers gaan ook 'n inentingsveldtog van stapel stuur, want ons is oortuig dat om die “vaccine” te vat die mediese personeel se taak kan vergemaklik, deur ons mense uit die hospitaal te hou en ook die sterftes te verminder. Talle van ons leiers het hul reeds laat vaksineer.
Voorts is ons in gesprek met die gesondheidsdienste om mobiele inentingspanne daar te stel, om die dienste na die uithoeke van die dorp te neem, asook die omliggende nedersetttings, ten spyte van die geweldige tekort aan personeel. Gemeenskapsvrywilligers (afgetrede verpleegsters) is bereid om met die taak te help.
Ons moedig u dus aan om dit sterk te oorweeg om u te laat vaksineer, want daar is geen ander alternatief nie.
'n Groot kommer is die groot getalle sterftes by huise en daarom moedig ons mense aan om sodra hul tekens ervaar van die virus, die naaste mediese hulp te gebruik in die vorm van die hospitaal, 'n dokter of die kliniek.
Laastens word die gesondheidspersoneel in totaliteit, asook die plaaslike Herders en leraars van harte bedank vir hulle onbaatsugtige dienste om 'n gemeenskap te red van uitwissing onder bitter moeilike omstandighede.
Alle eer aan die Allerhoogste vir die omgee-mentaliteit van ons mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie