Die ras wat 'n beter rooivleisbedryf kan ontsluit
Kobus Bester, President van die Simmentaler- en Simbra-genootskap - ’n Paar jaar gelede was een van die betroubare, gesogte of gewilde selfone wat baie mense graag wou gebruik ’n Ericsson. Vir baie mense was dit ’n statussimbool, vir ander ’n instrument om hom/haar te help in die verbetering van doeltreffendheid of produktiwiteit. My jongste seun, nou in sy tienerjare, het nie geweet van ’n Ericsson-selfoon nie en het my later ingelig dat Ericsson nou eintlik Sony is.
Ek wil nie vir u ’n lesing oor selfone gee nie, maar u eerder laat dink wat oor ’n paar jaar van Simbra gesê gaan word, en of ons Simbra ook soos Ericsson onder ’n ander naam sal moet bemark. Het die gewildheid van hierdie selfoonhandelsmerk verlore gegaan as gevolg van prys, het hulle nie tred gehou met nuwe neigings in tegnologie nie, was daar ’n probleem met betroubare funksionaliteit, of is hulle eenvoudig net deur ander mededingers in die mededingingswedloop verbygesteek? Daar kan baie antwoorde hierop en verduidelikings hiervoor wees, maar dit is belangrik dat ons uit ander se foute leer, eerder as om ons eie te maak en dan daaruit te leer.
Om relevant in die markplek te bly, is dit belangrik om te voldoen aan jou kliënt se behoeftes, en dít teen ’n billike prys, waar die kliënt steeds voel hy/sy kry waarde vir geld. As jy egter jou kliëntebasis wil uitbrei, moet jy ’n produk of diens lewer wat beter is as wat jou mededingers aanbied sodat jy ten koste van hul markaandeel kan groei.
In die geval van Simbra, het ons verskillende soorte kliënte soos medestoettelers, kommersiële telers, voerkrale, abattoirs, slaghuise en uiteindelik die persoon wat beesvleis eet en geniet. Ons finale produk is vleis, maar ook genetiese materiaal. Dit is ons verantwoordelikheid om seker te maak dat ons binne in Simbra soveel as moontlik waarde saamvoeg.
Faktore buite die teler se beheer
’n Eetervaring is iets wat elke persoon kan evalueer en waarop hy/sy self ’n waarde volgens smaak en voorkeur kan plaas. Wanneer ’n vleisgereg swak voorberei word en as gevolg daarvan nie aan die verbruiker se verwagtinge voldoen nie, maak dit nie dat die produk swak is nie, maar skep dit die verkeerde persepsie van die produk. Die teler kan dit nie verhoed nie en het ook geen beheer daaroor nie. So is daar talle faktore waaroor telers nie beheer het nie, maar wat ’n invloed op pryse en winsgewendheid het.
Die grootste faktor waaroor die teler nie beheer het nie, is die kragte van die natuur. Afhangende van die gebiedsgebondenheid daarvan, is natuurverskynsels (soos droogtes) ’n groot gelykmaker wat almal ewe swaar tref. Ons kan probeer om vir teenspoed, soos die huidige droogte, te beplan, maar kan hoogstens daarin slaag om met beter aangepaste diere in harmonie met die natuur te boer.
Neem eienaarskap van dít binne jou beheer
Wat belangrik is, is om dít waaroor ons as telers beheer het, te bestuur en te verbeter. Dit is deels waarom volledige prestasietoetsing van elke teler se totale kudde so belangrik is. Verwagte resultate uit die Beesvleis Genomiese Projek (BGP) behoort nog ’n verdere dinamika aan die vertolking van prestasiedata te gee. Verder maak die gebruik van semen van die BGP KI-bulle dit moontlik vir alle telers om hul kuddes se resultate aan die BGP-resultate te koppel. Dit sal tot gevolg hê dat die waarde van moeilik meetbare eienskappe soos vrugbaarheid met groter akkuraatheid bepaal kan word. Dit is algemeen bekend dat vrugbaarheid een van die grootste winsdrywers in ’n teelkudde is. Reproduktiewe en ander produksie-eienskappe is aspekte waarmee meeste boere egter vertroud is.
Verdere voordele wat die BGP behoort in te hou, is die identifisering van meer winsgewende diere ten opsigte van netto voerdoeltreffendheid of residuele voerinname, asook navorsing op karkaseienskappe en vleisgehalte. Ons behoort dus onsself in ’n posisie te plaas waar dit vir ons moontlik is om dié diere wat meer winsgewend sal produseer en beter gehalte vleis lewer, te kan identifiseer. Ons sal, wanneer hierdie soort inligting beskikbaar is, hierdie diere beter kan aanwend of bestuur. Hierdie is dinge wat Simbra gaan laat slaag: Ons gaan weet watter diere meer winsgewend deur die voerkraal aangewend sal word; ’n beter wins vir die osprodusent sal oplewer; beter gaan ontbeen; en ’n smaakliker, meer bevredigende eetervaring aan die verbruiker gee. Kies dus om met geneties meerderwaardige diere te boer.
Skep nuwe markte
Ons kan en ons moet deurlopend daaraan werk om hierdie meer winsgewende diere en diere met gesogte eienskappe te identifiseer, selfs al word ons nie nou direk daarvoor vergoed nie. ’n Sleutel tot besigheidsukses, is om ’n behoefte te identifiseer en die antwoord/oplossing daarop teen ’n wins te kan verkoop. In enige vervaardigingskosteberekening word die verkoopprys deur die insetkoste beïnvloed, maar nie in beesvleisproduksie nie. Ons moet ten spyte van ’n goeie produk die prys aanvaar wat op die dag aangebied word. Ons kan nie voortgaan om vir speenkalwers vergoed te word aan die hand van die week se prys per kilogram nie. Wat van gehalte-aspekte, die dier se meerdere genetiese potensiaal om meer winsgewend te produseer, en om ’n gesogte eindproduk te lewer? Ons moet werk maak daarvan om vergoed te word vir die verbeterde produk, want die Simbra is deurlopend besig om te verbeter. Dit gaan nodig wees dat ons die kliënt of koper van ons diere hieroor inlig, en seker maak dat hy die voordeel hiervan insien asook bereid sal wees om daarvoor te betaal.
Ons moet ook aanvaar dat indien ons huidige kliëntebasis nie bereid is om ’n premie vir ’n verbeterde produk te betaal nie, die antwoord daarin lê om die kliëntebasis te verbreed. Twee van ons buurlande (Namibië en Botswana) voer hoë waarde snitte teen ’n premie suksesvol na die buiteland uit. Dit is moontlik omdat hulle onder meer ’n goedgekeurde naspeurbaarheidstelsel het, en aanvaarbare gesondheidstatus geniet. Om dit reg te kry, sal deur die bedryf met die regering saamgewerk moet word, en ons as rolspelers in die bedryf moet druk uitoefen om dit vinniger te laat gebeur.
’n Ander aspek wat aandag behoort te geniet tot finansiële voordeel van die vleisbeesboer, is ’n aanpassing in die vleisklassifikasiestelsel. Om vleissagtheid op grond van ’n dier se tande te bepaal, is oudmodies en werklik nie ’n baie betroubare aanduiding van sagtheid nie. Dit is nie eens ’n akkurate metode om ouderdom te bepaal nie soos wat baie telers kan bevestig, wat geboortes aanteken. Ons het ’n behoefte aan ’n beesvleisklassifikasiestelsel wat die verbruiker die gemoedsrus sal gee dat dit wat hy koop, die ervaring sal gee wat hy verwag en vir die produsent die prys wat hy verdien.
Deur die Simbraras verder op wetenskaplike wyse te ontwikkel en die markplek daarop te wys, en die voordele daarvan te laat verstaan, kan die Simbra in die toekoms nog meer winsgewend aangewend word. Ons sal egter alle partye en betrokkenes in hierdie netwerk moet inlig oor die waardes, potensiaal en die voordele, asook nuwe markte en geleenthede in belang van die Simbra moet ontwikkel indien nodig. Dit is ons as telers se verantwoordelikheid om toe te sien dat Simbra sy regmatige plek in die vleisbeesbedryf kry en om die regte redes op almal se lippe sal wees!
• Die artikel het oorspronklik in die Simbra Joernaal 2016 verskyn.
KASSIE
Waarheen met die winsgewendheid van beesboerdery?
Kamab Simbra van Diethelm en Katja Metzger bied op 30 Augustus die jaarlikse beesinligtingsdag op die plaas Neu-Otjisauona oos van Windhoek aan.
Vanjaar skyn die soeklig op die winsgewendheid van beesboerdery wat toenemend onder druk is en wat boere kan doen om die voortbestaan van hul boerderye te verseker.
Kobus Bester, president van die Simmentaler- en Simbra-genootskap sal oor verhoogde produksie en verbeterde finansiële resultate deur middel van die gebruik van beter genetika praat, terwyl Abri van Wyk verskeie beesproduksiestelsels ekonomies sal ontleed.
Die belangrikheid van weiding en die ekonomiese strategieë van bosbekamping, kom ook onder die loep.
Kontank die Metzgers by 062 503 732 of by [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie