Die reu00ebls maak nie meer sin nie
Die reu00ebls maak nie meer sin nie

Die reëls maak nie meer sin nie

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Ek begin glo Covid moet staan vir iets soos Covert ID of so iets, want die kiem lyk my is die slimste ding wat nog die aarde besmet het.

Hy broei uit in China, klim vliegtuig en besmet die hele wêreld voor ons dit raaksien en nou beheer hy en sy meesterbreinskeppers die wêreld. En ons, die stemvee, loop geduldig, gedienstig en gedwee agter die koplose leiers aan, wat ons stadig maar meedoënloos en gewetenloos oor die krans se rand laat voortstrompel.

Leiers veg en ekonomieë gaan ten gronde, ’n teenmiddel kan nie gevind word nie en almal loop gemasker rond en word na willekeur deur sogenaamde kenners en slimmes gegrendel en geboelie om te konformeer aan die nuwe standaarde wat deur die geldmagte daar gestel word, sodat hulle in hul nuwe orde nuwe rykdomme ten koste van die stemvee kan ontgin. Die kiem se skeppers met hulle wapen, die kiem, is nou in beheer.

Kiem sit op ’n inkomende toeris vir net 72 uur, maar klou aan ’n terugkerende Namibiër vas vir sewe tot 14 dae. Twee motorfietsryers in tandem met helmets op is sy teiken en saamry word verbied, maar hy lê laag by vliegtuie, voertuie en donkiekarre waar meer mense op mekaar kan sit.

Die slimmes het ook uitgevind dat die kiem op sy vlytigste is in die nagtelike ure en daarom word curfews ingestel om almal in die aktiewe nanagkiemtyd by die huis te hou, behalwe natuurlik die boewe en die resiesjaers in Hosea Kutako.

’n Kerk is onweerstaanbare aanteelgrond vir die kiem, maar ’n supermark of ’n verjaardag of politieke byeenkoms word deur die kiem vermy.

Dan vat die kiem natuurlik nie aan enige werknemer of byeenkoms van die regering nie, want dit blyk dat die reëls van Covid nie vir hulle geld nie.

Ek sit nou die oggend geduldig in die tou by die Rehoboth-padblokkade met my masker op, permit om te reis en essensiële besigheidsverklaring in die hand met sanitiser wat drup van my af en wag my beurt af, net om te moet sit en toekyk hoe die GRN-nommerplate, POL, traffic en almal wat iets met GRN te doene het net eenvoudig in die regterbaan verby skuif sonder om eers ’n poging aan te wend om spoed te verminder by die stopteken en Covid-beampte. Almal met meer as een persoon in die voertuig, meestal sonder maskers en blykbaar met ’n shield om hulle en die voertuig waarin hulle ry, wat die virus buite hou.

Hoe de hel is dit moontlik dat die Covid-beampte so in die verbyry kon sien die ouens binne se temperature is normaal, almal is virusvry en almal het papiere om te ry waarheen hulle op pad is? Of is die hele veldtog gemik daarop om Jan publiek op sy plek te sit en hom daar te hou, terwyl die staatsdiens op volle salaris vrygeskeld is van alle Covid-maatreëls en kan maak soos hulle wil?

Hoekom sal die kiem kerke, motorfietse, terugkerende Namibiërs, skole, donker ure ensovoorts teiken en GRN-werkers, politieke vergaderings en verjaardagpartytjies en dies meer vermy? Is die kiem so slim of is ons so stupid om nie te sien hoe ons gemanipuleer word, om nog van ons beginsels en standpunte te verwater en verwaarloos om net nog ’n basislose, identiteitslose en ambisielose klomp zombies te word, wat in rye gaan staan om kos medikasie en aalmoese te ontvang van die wat agter die speletjie sit en giggel?

Dit kan nie so aangaan nie. Niks maak meer sin nie en niks kan op enige gronde regverdig word nie. Ons het lankal oorgegee aan die kiem en sy ridders en deel reeds in die genadebrood wat dien as susmiddel om die skande van oorgee beter te laat voel.

Dis alles ’n grap. Ons klomp breinlose leiers probeer ook die wêreld na-aap oor Covid en Covid-regulasies maar o wee, hulle sit die pot so vêr mis en ek wonder wie gaan die oorblyfsels van hul onkunde en onvermoë optel as die sirkus verby is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!