Die reuk van nóg
Ná afloop van die Windhoek Woordfees die afgelope week en naweek het ek weer eens besef hoeveel mense steeds waardering vir kultuur het. Kuns en kultuur sal mense altyd aan die praat hê.
Picasso, Micheal Angelo en Liza Minnelli, byvoorbeeld, was nie verniet baanbrekers in hul veld nie. Hulle is vandag nog die middelpunt van gesprekke en het vir verandering gesorg.
Of dit nou ‘n monoloog, koor, kunsuitstalling, dig- of skilderkuns, eenbedrywe, skrywersgesprekke of storievertellings is, Namibiërs soek dit.
Mense soek dit. Dink mooi daaroor: Flieks op TV en dies meer is alles kultuur. Of kuns. Maar dit bly gewild. Ons wil meer hê. Of moet ek eerder sê sekere inwoners van ons land vind aanklank by hierdie soort vermaak. En stadig maar seker is die aanvoeling vir kuns en kultuur besig om groter te raak.
Meer mense as wat ek verwag het, het die Woordfees bygewoon. Of ten minste een van die baie programme.
Ja, daar was nie duisende mense wat die fees bygewoon het nie, maar daar was wel genoeg om te besef dat van hier af vorentoe kan dit net beter gaan. Dit bly maar ‘n soort risiko om iets van so ’n aard te reël.
Hoewel baie mense van kultuur hou, beteken dit nie as die Bulls teen iemand speel, hulle eerder na Sannie se monoloog wat oor molestering gaan by die Warehouse-teater gaan kyk nie.
Dit bly daai 50/50-reël.
Hoewel daar hier en daar ‘n uitsondering is.
En vanjaar se uitsondering by die Windhoek Woordfees was die bekroonde teaterstuk Die reuk van appels.
Al het die Springbokke in ‘n wêreldbekerfinaal gespeel, sou daar steeds genoeg voete by die vertoning wees om ‘n klein raad of ondersteuningsgroep te vestig.
Ek was natuurlik ook by die show.
Ek het ‘n wyle terug hierdie stuk in Suid-Afrika gekyk en het sedertien nog nie opgehou daaroor praat nie. Goed bly goed, al hang dit aan ‘n perd.
En nie dat my opinie enigsins saak maak of iets moet beteken nie, maar dit was weer eens ‘n voorbeeld van fantastiese teater.
Elke liewe deel van die optrede is deurdink en pas perfek by die tema.
Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie.
Twee kollegas, hulle skryf ook mooi stories en oulike beriggies, het dit saam met my gaan kyk. Of ek het dit saam met hulle gaan kyk. Maak nie saak nie.
Ons al drie het ná die tyd vir mekaar gekyk en dieselfde ding gedink. Ek weet nie wat hul presiese denke se woorde was nie, maar ek is seker dit sou iets soos die volgende wees: Nóg. Nóg, asseblief.
Ná die tyd het ons nie eers behoorlik gergroet nie. Dit was tjoepstil in die saal en deur middel van ‘n handgebaar het ons paadjies geskei.
Vanoggend by die werk groet ons mekaar met verwysing na Saterdagmiddag se belewenis.
Ons kan nie genoeg daaroor praat nie. As ons wegbreek vir ‘n rokie, praat ons oor appels. In die oggendvergadering is dit appels. Middagete is appels.
As jy dit nie gesien het nie, is dit jammer. Maar dis oukei. Indien dít die trant is waarop volgende jaar se Woordfees beplan word, is ek baie opgewonde. Ons moet nóg sulke goeie gehalte produksies invoer.
Die Woordfees was ‘n week, bietjie minder eintlik, van harde werk, kuns, kultuur en baie toewyding. Om ‘n fees van hierdie grootte te organiseer, verg geweldige moeite en toewyding. En sonder die publiek se insette en ondersteuning is dit nie moontlik nie.
Ek is toevallig op die Woordfees-komitee.
En ons begin stadig maar seker al aan volgende jaar se fees beplan.
Ek vra jou mooi, wat is dit wat jy graag wil sien? Onthou, dis nie my of die komitee se fees nie. Dis julle s’n.
Stuur asseblief raad, voorstelle of enigiets anders wat jy op die hart het aan my. Ek kan dit aan die komitee oordra. En ons wil nes Picasso, Micheal Angelo en Liza Minnelli iets nalaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie