Die rol van die kerk in werkskepping
PASTOOR BRIAN LOSPER SKRYF: Die impak van die Covid-19-pandemie op gemeenskappe is verreikend. Meer nadelig is die uitwerking wat dit het op werkverskaffing en die voortbestaan van families en hulle sekerheid om te voorsien in daaglikse behoeftes. Die kerk moet intree om die voortbestaan van geloofsgemeenskappe te verseker.
Bybels gesproke speel die verhouding tussen God en mens 'n belangrike rol t.o.v. werk en die rol wat werk speel in die samelewing. Die betrokkenheid van die mens by werk, die mens se bestaan as gawe van God en die opdrag van God i.v.m. werk moet dus sterk beklemtoon word. Werk moet deel van ons opvoedingstaak word, uitgebeeld as 'n aktiewe en konkrete bevestiging van die mens se skeppingsdoel en geloofsleefwyse.
In “werk” bring die mens homself tot uitdrukking soos deur God geskape. Deur te werk, bring die mens eer aan God en verheerlik God vir die gawe van skeppende denke en die selfvervulling wat dit meebring. Eenvoudig gestel, om te werk is om te aanbid. Mens beskik dus oor die vryheid om te aanbid, te werk en te dien tot eer van God.
Die mandaat is van God verkry om die aarde te bewoon en te bewerk tot voordeel van almal. Hierdie is die kulturele en sosiale doel van werk.
Werk help nie net om sterk geloofsverhoudings met ander te bou nie, maar het ook voedselsekerheid, veilige en welvarende woonbuurte ten doel. My liefde vir my medemens is sigbaar in my geloofsverhouding met, en besorgheid om hom/haar gesond en sterk in aanbidding voor God te sien.
WERKLOOSHEID
Werkloosheid veroorsaak dat mens God nie in volheid kan aanbid nie: aldus die gewelddadige en negatiewe vlakke wat ons gemeenskappe bereik het.
In die konteks van aanbidding word God se bonatuurlike werkinge vrygestel in die ekonomiese strukture van die samelewing. Die geloofsgemeenskap kan dus help dat werk en werkskepping weer sy Goddelike plek inneem en daardeur die mens se bestaan in die skeppingsdoel regverdig. Hierdie aksie dien as 'n bewys van die reddingswerk van Christus Jesus: 'n nuwe lewe met waarde, status en sekuriteit.
In Namibië sit ons met die probleem dat hoewel die Grondwet en nasionale ontwikkelingsdoelwitte baie duidelik stel hoe die lewe van Namibiërs verbeter kan word, grootskaalse korrupsie en ongunstige wetgewing hierdie goedbedoelde oogmerke skade laat lei.
Duisende Namibiërs is nog steeds sonder werke, huise en opvoeding. Menswaardigheid, gelykheid en vryheid kan net verkry word indien sosio-ekonomiese toestande verander.
Ja, politieke vryheid is verkry, maar dit moet opgevolg word met 'n lewensvatbare transformasie in ekonomiese gelykheid en die daarstelling van sterk, lewendige geloofsgemeenskappe.
GLOBALISERING
Ekonomiese globalisering skep 'n nuwe vorm van vryheid, maar nie noodwendig vryheid wat 'n beter toekoms vir almal inhou nie.
Die hoë werkloosheidsyfer en verskerpte toename in armoede bevestig globalisering se onmenslike kant.
Menslike werk is byvoorbeeld minderwaardig weens verbeterde tegnologie.
Alhoewel globalisering dus lei tot ekonomiese groei, verhoog dit aan die ander kant werkloosheid. Globalisering kan ook sekuriteit, gelykheid en demokrasie ondermyn.
Die sisteem is nie vergelykbaar en versoenbaar met die Bybelse perspektief van geloof nie. In Bybelse terme druis hierdie stelsel van rykdom ten koste van die armes teen God se Skeppingsdoel in en hierdie sisteem is dus verantwoordelik vir die huidige menslike lyding. In die lig hiervan die volgende vrae:
• Wat doen die ekonomie vir arm mense?
• Wat doen dit aan mense se waardigheid en geloofslewe?
• Hoe neem mense deel aan die ekonomie?
Die ekonomie is 'n menslike realiteit – mense wat saamwerk om die skepping van God te onderhou. Dié werk, as deel van ons aanbidding van God, behoort die materiële en spirituele welsyn van mense te bevorder.
HOOP EN VOORUITSIG
Die ekonomie beïnvloed mense se hoop en verwagting vir hulself en vir hul medemens. Dit beïnvloed mense se geloof in God, waarin God die Groot Voorsiener is.
Elke ekonomiese besluit (bv. wetgewing en kontrakte) en instelling moet geëvalueer word of dit die waardigheid van mense ondermyn of beskerm. Menswaardigheid is 'n Goddelike gawe en 'n land se ekonomiese stelsel behoort dit te respekteer en te bevestig.
Ekonomiese aangeleenthede is nooit neutraal nie, maar kan 'n gemeenskap se toewyding en aanbidding tot God en die algemene welsyn en welvaart van geloofsgemeenskappe bedreig. In die lig van hierdie dreigende en komplekse ekonomiese en sosiale uitdagings is die kerk genoodsaak om doelgerig by gemeenskappe betrokke te raak.
Beskikbare statistiek toon dat meer as 80% van Namibiërs met die Christengeloof identifiseer. Die kerk beskik dus oor institusionele kapasiteit en geloofwaardigheid en kan mense tot verandering motiveer.
Die betrokkenheid van die kerk is daarom van kardinale belang, en kan vooruitsigte op sosio-ekonomiese ontwikkeling en geregtigheid op die regte koers plaas.
Die kerk moet plaaslike gemeentes bemagtig en mobiliseer vir ontwikkeling. Dit sal 'n baie groter effek hê as wanneer dit deur organisasies buite die gemeenskap gedoen word.
Kerkgenootskappe is waardegebaseerde organisasies wat beskik oor beide natuurlike en geestelike hulpbronne. Hierdie Godgegewe instelling, wat in kontak met die gemeenskap is en 'n invloed op mense het, beskik dus oor bates wat meer effektief in die land aangewend kan word.
Dit lyk egter soms of die kerk nie besef dat dit so baie het om te bied nie – wat tot onderbenutting van die bronne en bates lei.
'n Beroep word op geloofsgemeentes gedoen om hulself te herposisioneer ten opsigte van hul rol in 'n demokratiese land met nuwe uitdagings.
Die probleem van werkloosheid moet meer dikwels in kerke bespreek word en konstruktiewe voorstelle moet geformuleer word en in die praktyk toegepas word.
Die verskoning van gemeentes is dat hulle nie oor die politieke en ekonomiese mag of die nodige kennis en kundigheid beskik om oplossings te vind nie.
Ons moet egter onthou dat die kerk van Christus oor 'n Goddelike mandaat beskik: Haar sterkte en diepte lê op grondvlak by haar lidmate, en hierdie potensiaal moet meer effektief aangewend word.
Kom ons roep die Koninkryk van God aan: "soos in die hemel, net so ook op die aarde". Skep werk, en skep so 'n geleentheid vir aanbidding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie