Die rol wat weiveld speel
Kohesie of konflik?
In sy bydrae tot die 21ste Namibiese Nasionale Weidingsforum (NRF) se konferensie op Otjiwarongo, het dr. Morgan Hauptfleisch van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) die visie van die Applied Biodiversity Environmental And Spatial Research Unit (Abesru) se navorsing uitgespel.
Hy het verduidelik hoe toegepaste biodiversiteit en omgewingsnavorsing gebruik word om kennis vir nywerheidsdoeleindes te verbreed.
Dit is sodat belanghebbendes met behulp van hedendaagse tegnologie ingeligte besluite ten opsigte van omgewingsbeskerming en biodiversiteitsbewaring kan maak.
Vooruitgang
Hy het na Visie 2030 se elemente (vooruitgang, interpersoonlike harmonie, vrede en politieke stabiliteit), soos geskoei op die hoeksteen van volhoubare ontwikkeling, verwys en gesê dat goeie bestuur van beskikbare weiveld in vele opsigte die gemeenskaplike faktor is wat tot vooruitgang van boerdery, toerisme en die land se wildlewe kan lei.
“Klimaatsverandering en swak bestuur van weiveld (wat oorbebossing insluit) het daartoe gelei dat wildboerdery gewild word, wat in 'n mate tot selfvoldaanheid en gerustheid lei aangesien daar aangeneem word dat wild na hulleself omsien,” het hy gesê.
Dit kan weer 'n gebrek aan wetenskaplike weiveldbestuur en die kontrole van oorbeweiding veroorsaak. Uiteindelik lei alles tot die verlies aan meerjarige grasse en 'n laer weerstand teen droogtes.
Volgens Hauptfleisch ding groot- en kleinveeboere, wildboere, private en kommunale bewaringsgebiede, bosbou-aktiwiteite en selfs nasionale parke, sowel as besproeiingsprojekte en prospektering mee om die beskikbare weiding en veroorsaak dat konflik tussen mens en natuur, en mens en wild al hoe erger raak.
Hy het uit navorsingsresultate aangehaal wat verkry is deur die ondervraging van 46 kommersiële boere met altesame 803 jare se ondervinding van wildboerdery op gesamentlik 1 150 804 ha grond. Slegs 15% van hulle het wetenskaplike metodes gebruik om weiveld te evalueer, maar geeneen van hulle kon onomwonde sê dat hulle geen probleme met weidingsbestuur ervaar nie.
Spaarweiding
Sowat 54% het 'n tekort aan spaarweiding tydens droogtes as 'n groot uitdaging genoem terwyl 46% van hulle dit ook as 'n werklike uitdaging gesien het om wild selektief te laat wei.
Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat effektiewe bestuur en rehabilitasie van weiveld uiters noodsaaklik is en dat vele faktore daarbinne 'n rol speel. “Goeie biodiversiteit is afhanklik van die toepassing van aanbevelings wat deur sulke navorsing aangedui word en hierin speel selfs klein diertjies, makroporieë, ongewerweldes, meso-soogdiere en klein karnivore 'n rol.”
Nuwe navorsingsmodelle en nuwerwetse tegnologie word in al groter mate benodig om effektiewe bestuur moontlik te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie