Die San takel klimaatsverandering
As een miljard bome geplant word, sal kweekhuisgasse in die atmosfeer met byna 25% verminder word, sê wetenskaplikes.
Die San in die Nyae-Nyae-bewaringsgebied takel klimaatsverandering deur bome te plant.
Die San meen bome is meer droogtebestand as ander plante en as hulle gevestig is, is dit maklik om bome te onderhou.
“Boonop is daar al hoe meer bewyse dat klimaatsverandering beveg kan word as bome geplant word.
“Onlangs is die idee om 'n miljard bome wêreldwyd te plant om klimaatsverandering te beveg, in 'n studie voorgestel wat in die wetenskaplike joernaal, Science, op 4 Julie gepubliseer is,” lui 'n mediaverklaring van die Nyae-Nyae.
Selfs in droë en dorre streke soos Namibië kan bome oorleef, skaduwee voorsien en voedselsekuriteit verseker.
Baie nedersettings in die Nyae-Nyae-bewaringsgebied het nou bome wat skaduwee verskaf, asook deklaagmateriaal en vrugte, waarvan sommige medisinale eienskappe het.
Die tuin- en boomplantprojek het aanvanklik op voedselsekuriteit gefokus en die doelwit was om voeding veral onder kinders te verhoog.
Die kinders is ook aktief met die tuine en die plant van bome betrokke.
Dit leer hulle waardevolle lesse oor landbou en bewaring en hulle sien die vrugte van hul arbeid en dat bewaring voordeel daaruit trek.
Hulle het papaja- en koejawelbome geplant wat gehard is en die woestynklimaat kan weerstaan.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het die bome voorsien en ander plaaslike verskaffers het verskeie sitrus-, vla-appel- en moringabome gegee, asook druiwestokke.
Om aktiewe pesbeheer en insekwerende plante saam te plant beteken geen plaagdoders is nodig wat duur is en skade aan die natuur aanrig nie.
“Dit skep 'n voordelige bewaringsomgewing binne die bewaringsgebied wat inderdaad 'n wen-wen situasie is,” lui die verklaring.
Die San het nog altyd van die land af geleef en hulle is die eerste wat die impak van klimaatsverandering voel.
“Die plant van bome, plaaslik en wêreldwyd, sal bydra om kweekhuisgasse in die atmosfeer te verminder. As een miljard bome geplant word, sê wetenskaplikes, sal kweekhuisgasse in die atmosfeer met byna 25% verminder word.
“Om bome te plant, sal toekomstige geslagte bewaar en klimaatsverandering beveg word,” lui die verklaring.
Alhoewel dit dekades sal duur vir nuwe woude om volwassenheid te bereik en kweekhuisgasse wêreldwyd te verminder, moet bome nou geplant word.
“Die San sal aansienlik baat by die vele projekte,” lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie