Die see se saffier wek woorde
Die see se saffier wek woorde

Die see se saffier wek woorde

Jacqueline Louw
Klokslag sesuur, nog voor die son oor die dakke verskyn, hang die maan rond en blink oor die see en verf 'n silwer bewegende pad oor die branders wat riffel en rimpel en die oë verstom laat staar . . .

Met die koms van die son verbleek die maan en uiteindelik lê die see soos 'n indigo syspansel tot teenaan die boog van die horison. Net op die voorgrond breek branders in wit skuim.

'n Jongerige man in swemklere baljaar in die heerlikheid van die water en die lig en 'n groot aantal meeue wieg net agter hom op die water. Meeue swem nie juis so gereeld soos ander gewebdes nie. Klein swart duikertjies het by hulle aangesluit en skielik is daar iets swart in die brekende branders. Iets wat vrolik verskyn en verdwyn – en dis nie 'n dolfyn nie.

Na deeglike betragting is dit duidelik 'n rob in die vlak water. Daar is beslis vis.

'n Paar gereelde vroegoggend-stappers gaan staan om te kyk na die jongerige man wat saam met die rob speel. Dan stap hulle voort.

Intussen het die swem­mer sy kamera byderhand en hy neem foto's van die baldadige rob en die branders wat op die strand uitrol en terugtrek.

Dis asof alles lank gelede reeds vir hierdie oggend gekomponeer is, asof die draaiboek eeue gelede met die hand op papirus vasgelê is. Mooi bly vir ewig mooi.

Voor my oë speel iets soos 'n kunsrolprent vol mu­siek en kleur af. Dis betowerend – sonder 'n mens­like regisseur, dirigent of fotograaf. Sommer net so. 'n Kosbare geskenk sonder om iets terug te vra.

Vir meer as 'n uur hou die pret aan. Dan besluit van die duikertjies om ander weivelde te gaan soek en die meeue lig hulle moeiteloos op en swenk weg. Die rob gaan diepsee toe en die gretige fotograaf het sy T-hemp aangetrek en weggestap.

So laat hulle my alleen met die see, die lug en die verlatenheid van die strand. En nou, huis toe gaan en onthou? Maar nee, die brein se hardeskyf speel 'n vinnige spel met woorde wat die verlatenheid verdryf en 'n ganse nuwe prentjie teken.

Wat 'n genadige, verlossende heerlikheid. Die see het nog altyd woorde geïnspireer wat afwisseling van die alledaagse of die onhoudbare bring:



Ik ben geboren uit zonne-gloren en een vochtigen zucht van de see . . .



En heel dit leven is een wond're, bange,

Onzetbre droom, vol licht en zangen, mijn droom, zoo zoet begroet, zoo zacht beklaagd . . .



The Summer Mediterranean lies before me in all its magnetic blueness . . .



The sea is high again today with a thrilling flush of wind . . .



The windows give directly on to the sea, so that its perpetual sighing is the rhythm of our work and our sleeping . . .



El mar sonríe a lo lejos dientes de espuma labios de cielo.

Olywe en wynlande tot ver teen die see - Odysseas Elytis ©



Jy sê: “Ek sal na 'n ander land gaan, ek sal na 'n ander see gaan.

'n ander stad vind, beter as hierdie een. . . . Kabafy



Between us there was, as I have already said ­somewhere, the bond of the sea. Besides holding our hearts together through long periods of separation, it had the effect of making us tolerant of each other's yarns and even ­convictions. . . . Joseph Conrad©



Ich denke dein, wenn mir der Sonne Schimmer, Vom Meere strahlt . . .

Der Sonne en Vom Meere



Aber sie steigt aus dem Meer mit allen Töchterchen des Nereus . . .

Siehe! Da weinen die Götter! . . .



The sea is calm tonight.

The tide is full, the moon lies fair upon the straits;



Draw not up seas to drown me in the spheare

Weepe me not dead, in thine arms, but forbeare

To teach the sea, what it may doe too soone; . . .



It is a sophism to imagine that there is any strict dividing line between the waking world

And the world of dreams . . .



©: Lawrence Durrell, Odysseas Elytis, Joseph Conrad.



Kabafy, Goethe, Schiller, Matthew Arnold, Willem Kloos, John Donne en enige ander skrywers is reeds buite kopiereg.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!