Die siekte van oorbesteding
Verlede week het studente plakkaat geswaai omdat duisende se beurse en lenings nog nie deur die staat se beursfonds, die NSFAF, uitbetaal is nie.
Dit op die vooraand van die akademiese jaar se einde.
Die NSFAF se verweer dat hy met elke betaling minder gekry het as waarvoor gevra is, is summier deur die ministerie van finansies aan flarde geslaan.
Ja, daar is empatie met studente en voortgesette, groot kommer oor die bestuur van die NSFAF, maar volgens die permanente sekretaris van finansies, me. Ericah Shafudah, is die fonds eenvoudig met onwettig oorbesteding besig. Die NSFAF soebat vir geld waarop hy nie geregtig is nie.
Namibiërs se vraag, soos in baie soortgelyke gevalle, bly: Wat word gedoen? Word besture en direksies tot verantwoording geroep?
Jan Alleman sien geen teken daarvan nie.
Bykomende uitgawes, soos die koste van nuwe stelsels en infrastruktuur, is minder belangrik as die instelling sy basiese mandaat. Of minder beurse en lenings moet toegestaan word.
Die onstellende indruk is dat besture en boekhouers – en selfs hoër gesagsfigure – nie weet hoe die sompompie werk nie en maar net aanvaar die regering sal altoos opdok, maak nie saak wat nie.
Jy kan nie alles kry waarvoor jy wens nie.
As ‘n land só bedryf word – in goeie en slegte tye – is dit ‘n resep vir finansiële anargie en uiteindelike ondergang.
Hierdie dissipline is maar net een van baie aspekte wat internasionale kredietgraderingsagentskappe in ag neem.
Namibiërs self sien te veel tekens van die totale minagting van hierdie dissipline.
So sê ander
23 Oktober 2017
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Daar was lanklaas sulke lae verwagtinge vir ’n mediumtermynbegrotingsraamwerk as vir Malusi Gigaba se vuurdoop vandeesweek as minister van finansies.
Gigaba het belowe hy gaan hierdie week aankondig hoe hy staatsondernemings – en spesifiek die meulsteen om sy nek, die SAL – gaan herkapitaliseer. Met die manier waarop hy tot dusver vanjaar sonder om te blik of te bloos noodklousules misbruik het om die staatskas te plunder vir die SAL se skuldterugbetalings, is daar min hoop vir enige kreatiewe, volhoubare idees.
Die ANC se leiersverkiesing in Desember hang helaas soos ’n donker newel om Woensdag.
Die kredietgraderingsagentskappe gaan veral die tesourie se jongste groeiverwagtinge en skuldsyfers fyn dophou.
Net dalk besluit hulle om eers te wag vir Desember se uitslag ingeval die ANC-leiers wakker skrik en moreel op dreef kom.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie