Die soek bepaal die vind
Dani Booysen
Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. – Mattheus 7:7
Die Groot Boek se raad dat mens sal vind as jy soek (mits jy dit genoeg en behoorlik doen?) is een van die mees bekende, universele waarhede uit die Bybel.
Ons soek waarskynlik nie noodwendig vandag méér na sin en waarheid nie, of na meer daarvan, as ons voorgangers sowat twee millennia gelede toe hierdie woorde oorgedra en later opgeteken is nie.
Soek is egter beslis ‘n heel ander besigheid as toe.
Die aard van ‘n soektog is bepalend vir die uitslag. As ‘n mens na ‘n sekere boodskap verlang, sál jy hom waarskynlik kry. Maak nie saak of dit by die werk, die kerk, die krip, in die politiek, by die dokter of in die kroeg is nie.
[Doof in: “Die kerk en die bar sit langs mekaar aham…”]
En tussen dié twee is daar baie vleie vir die opsitwerk.
- - -
“Stuur my ‘n pin,” sê Koos op WhatsApp oor die venue van ‘n vergadering.
Huh?
Dees se dae is die Internet en sosiale media, met die hulp van rekenaar, tablet of selfoon en die Googles en Facebooks van die wêreld, ‘n groeiende hulpmiddel in die soektog na rigting en plek.
Na aanwysings en inpas, behoort, in die wydste sin van bedrieglik eenvoudige woorde.
Ook die opsitkers brand lankal aanlyn.
Maar hierdie soekwerktuie is nie bloot masjiene of enjins nie. Hulle is netwerke van kwantumrekenaars met algoritmes wat ‘n brein onbegrens in tyd, ruimte en plek dryf. Netwerke wat meer van sekere mense weet as hulself.
[Doof in: instrumentele klankbaan en dr. Henry Frankenstein se stem: “It’s alive! It’s alive!”]
Ons het ‘n wonderlike monster geskep. Maar as ons hom nie verstaan nie, sal hy ons pens en pootjies insluk.
- - -
Koos práát selfs al met sy selfoon: “Siri, wie het Mickey Mouse uitgedink.”
Lyk of die blikstem deesdae nie meer Walt Disney sê nie, maar net skakels met antwoorde deel.
Selfs hier verskyn Disney se naam eerste, al was die skepper van die planeet se bekendste muis Ub Iwerks.
Mites sal eenvoudig voortleef totdat niemand hul meer aan wanopvattings en wolhaarstories steur nie?
Só ‘n soek-en-vind werk op ‘n manier soos die kitskosbedryf. Met onmiddellike gratifikasie. Wat jy soek, sal jy in ‘n japtrap vind, geniet en glo, én nog meer daarvan opslurp.
Sonder om verder op te lees of uit te vra.
Daarom glo mense steeds honde is kleurblind, ‘n bul sal jou skep as jy rooi dra, dat vlermuise blind is en die mens net 10% van sy verstand gebruik. Daai skoen hoort net aan die voet waar dit pas.
Nee, tjoklits gee nie puisies nie en suiker veroorsaak nie hiperaktiwiteit by kinders nie. Vitamienaanvullings kan jou, selfs ernstig, siek maak.
‘n Volstruis steek nie sy kop in die sand nie.
Maar mense doen blykbaar graag.
*Dit alles geld, soos vir elke soektog onder die son, ook vir die ent. En die end.
[Doof in: intro met kitaar en orrel uit The Doors se gelyknamige liedjie]
Da doem, da doem, da diem-diem da doem, da doem…

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie