Die somme klop nie
Die somme klop nie

Die somme klop nie

Ronelle Rademeyer
Die minister van die omgewing en toerisme se waarskuwing verlede week dat stropers en die sindikate en hanteerders namens wie hulle optree geen genade moet verwag nie, word verwelkom.

Mnr. Pohamba Shifeta het bekend gemaak nuwe maatreëls is verlede maand kragtens die strafproseswet ingestel sodat wetstoepassers hulself teen stropers kan verdedig.

Sedertdien is twee stropers doodgeskiet en twee gewond – die een so onlangs as eergister op die pad tussen Outjo en Okaukeujo.

Soos die minister tereg gesê het, het niemand behae daarin om stropers dood te maak nie. Maar wetstoepassers moet hulself kan verdedig. “Stroper wat probeer om op wetstoepassers te skiet wat ons wildbronne beskerm, sal dit berou,” was sy woorde.

Die regering bestee nagenoeg N$10 miljoen per maand om die land se wildlewe te beskerm. Teen die pas wat stropery nou toeneem, sal Namibië teen 2026 nie ’n enkele renoster oorhê nie, het die direkteur van parke en wildlewe, mnr. Colgar Sikopo, verlede jaar in ’n hofsaak teen stropers getuig.

Sedert 2005 is meer as 200 renosters in die land gestroop. Dit is 10 persent van die totale populasie. Gemeet aan die waarde van ’n renoster, beloop dié verlies N$281 miljoen.

Die owerheid wys die ystervuis. Maar die somme klop nie.

Waarom dan iemand soos Gerson Kandjii keer op keer op borgtog vrylaat in sake waarin hy van renosterstropery en moord beskuldig word?

Kandjii is pas vir die soveelste keer in hegtenis geneem nadat hy en twee ander mans na bewering kort voor Kersfees naby Gobabis ’n groot teelbul en dragtige koei geskiet en ’n jong bul en vers swaar gewond het.

Hy en sy vermeende makkers moet volgende week in die landdroshof dié dorp verskyn.

Hulle mág nie weer borgtog kry nie.

Namibië kan nie met die een hand sy vuis bal en met die ander hand streel nie.

Netwerk24, 4 Januarie 2017

Solly-besoek aan Taiwan heeltemal in orde

Daar is geen fout te vind met Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, se besoek aan die Taiwanse hoofstad, Taipei, nie.

In 2014 byvoorbeeld het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, die land besoek. Dit is net een voorbeeld van ANC-interaksies met Taiwan sedert 1994.

Die besoek van ’n burgemeester aan ’n ander wêreldstad behoort skaars ’n koerant te haal, wat nog van hoofopskrifte. Maar die ANC se heeltemal misplaaste reaksie het vir Msimanga ongekende publisiteit vir die besoek meegebring.

China, die groot en indrukwekkende wêreldmoondheid, maak politieke en handelsbande asook private sakebetrekkinge ’n werklikheid en selfs ’n noodsaaklikheid.

Maar om te wil voorgee dat die regering se beleid van “een China” nou alle betrekkinge met Taiwan verbied, is absurd. Daar is wedersydse belangekantore tussen die twee lande en geen reisverbod nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!