Die SS Nujoma volgende jaar in Namibië
Debmarine Namibia se grootste en modernste diamant-eksplorasievaartuig, die SS Nujoma, het die afgelope naweek in Kaapstad aangekom.
Die boot wat in die Kleven Verft-skeepswerf in Noorweë oor ’n tydperk van 15 maande gebou is, is 113 m lank en weeg 7 458 ton. Die vaartuig het op sy eerste vaart van drie weke na Kaapstad vertrek, voordat dit vroeg in 2017 in die Atlantic 1 diamantmyn-lisensiegebied begin diens doen.
Terwyl die boot in Noorweë gebou is, is die nodige toerusting in die Kaapstad-hawe gebou. Die toerusting bestaan uit ’n steekproefstelsel en ’n verwerkingsaanleg wat ’n gekombineerde massa van 2 000 ton het. In Kaapstad gaan die toerusting op die vaartuig aangebring word.
Die SS Nujoma sal wanneer dit ten volle operasioneel is, 114 nuwe werkgeleenthede skep. Die bemanning is 90% Namibies en het hul opleiding in Europa ontvang.
Dit is die sesde vaartuig in Debmarine Namibia se vloot en dit het 'n verwagte lewensduur van 40 jaar.
“Die belegging van N$2,3 miljard in nuwe tegnologie is ’n duidelike aanduiding van sake- en verbruikersvertroue in die diamantbedryf. Die bou van die SS Nujoma is moontlik gemaak deur die mede-finansiering van Standard Bank en RMB Namibia. Debmarine Namibia het 25% van die totale projekkoste betaal,” het mnr. Otto Shikongo, hoof uitvoerende beampte van Debmarine Namibia, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie