Die stand van kundigheid
Hierdie week het die grondwaardasiehof in Windhoek bevind dat die betwiste voorlopige waardasierol van 2012 nie op betroubare inligting gebaseer was nie.
In hierdie opsig was dit ‘n oorwinning vir boere wat die waardes betwis wat aan hul plase geheg is. Waardasies bepaal die omvang van belasting.
Die proses is nog verder uitgestel deurdat klaers steeds op ‘n individuele grondslag sal moet bewys hoekom spesifieke waardasies nie korrek is nie.
As die waardasierol nietig verklaar sou word, sou dit ‘n duur domino-effek hê. Die heropstel van die rol sal dalk selfs langer duur as om huidige sake af te handel.
Begrip vir hierdie praktiese oorweging, is egter nie noodwendig in die reg ‘n been om op te staan nie.
Vir baie boere kos die proses reeds hope tyd en geld.
Landdros Johannes Shuuveni het bevind daar is klaaglik misluk om logiese gevolgtrekkings uit beskikbare data te maak. Korrekte syfers oor grond se drakrag is nie gebruik nie en die hof het ook bevind dat die indeling van die land in sekere landbousones so lank terug gedoen is dat dit nie noodwendig meer werklikhede weerspieël nie.
Die hof het bevind sleutelvrae is tydens kruisondervraging ontduik.
Die les wat vir die soveelste keer geleer is, is dat gebrekkige kundigheid om allerbelangrike administratiewe en regspligte behoorlik en verantwoordbaar na te kom, steeds by tye in Namibië ontbreek.
Voeg maar hierdie skeet by die lang lys ander wat nog reg gedokter moet word.
So sê ander
12 Oktober 2016
Dagvaarding van Gordhan kan enorm wees
Die dagvaarding van Pravin Gordhan op aanklagte van bedrog en diefstal kon nie op ’n slegter tyd gekom het nie.
Oor twee weke is die finansminister veronderstel om die mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement ter tafel te lê onder die kritiese blik van die kredietgraderingsagentskappe.
Dit spreek natuurlik vanself dat Gordhan nie bo die reg verhewe is net omdat die amp wat hy beklee ’n bepalende invloed op die ekonomie, wisselkoerse en beleggersvertroue het nie. Feit is egter dat die klag teen Gordhan allermins in ’n politieke lugleegte gebring is.
As niemand bo die reg verhewe is nie – soos wat (adv. Shaun) Abrahams inderdaad volhou – moet hy verduidelik waarom hy nie lankal die 783 korrupsieklagte teen Zuma heringestel het nie. Gordhan word egter in ’n oogwink vervolg.
Is dít wat gelykheid voor die reg beteken?• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie