Die stand van spesiale sorg
Die stand van spesiale sorg

Die stand van spesiale sorg

Dani Booysen
Dani Booysen - Onlangs het Republikein in besonderhede berig oor die reuse-uitdaging om Namibië se groeiende aantal psigiatriese pasiënte te versorg.

Vanaf 2012 tot 2016 het die aantal buitepasiënte wat behandeling benodig het, met 32% tot meer as 11 500 individue toegeneem. Die aantal persone wat opgeneem moes word, het oor dieselfde periode met 140% tot meer as 9 000 gegroei.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste speel oop kaarte oor die tekort aan geriewe om sulke gevalle te behandel. Daar is maar net 'n paar honderd beddens beskikbaar en die psigiatriese afdeling op Oshakati word oorlaai met dubbel soveel pasiënte as waarvoor daar plek is.

Howe moet dikwels lank wag voordat verhoorafwagtendes forensies geëvalueer kan word.

Beskikbare syfers sluit onaangemelde en ongediagnoseerde gevalle uit. Die werklike uitdaging kan dus heelwat groter wees, veral gegewe data dat soveel as een uit elke vier leerlinge van graad 7 tot graad 12 al selfmoord oorweeg het.

Hierdie soort versorging is duur en inwoners verdien bekostigbare hulp. Die voorneme om binne ses jaar vier psigatriese hospitale te vestig, kan hulp nader aan inwoners bring wat tans ver vir behandeling moet reis.

Psigiatriese pasiënte is nie altyd 'n gevaar vir ander nie. Die meeste is kwesbare mense wat met ondersteuning gesonde bydraes tot die samelewing kan maak. Stereotipering en stigmatisering moet beveg word.

Hierdie gespesialiseerde behandeling verdien ewe veel aandag as ander aspekte van openbare gesondheidsorg wat nie op peil is nie.

So sê ander

3 September 2017



Hail the heroes of Hurricane Harvey



The Coast Guard and the regular military have done more than 16,000 rescues in Houston since Harvey hit.

Other uniformed first responders, including helpers from the FDNY and NYPD, have saved many more. But plenty of regular citizens have added to the heroism.

By 1 p.m. Wednesday, BuzzFeed reported, volunteers had picked up 500 people in Orange alone.

Countless good Samaritans have been pictured saving animals. Journalists have also put down the mic to lend a hand. And then there are all those who provided refuge and succor.

After 9/11, Mister Rogers came out of retirement to tell everyone to “look for the helpers.” In the bleakest depths of a disaster, he noted, average people step up alongside emergency responders­ to become heroes.

In the wake of Hurricane Harvey, regular Americans are once again proving him right.

• NEW YORK POST

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer