Die statuur van ons kerkleiers
'N LIDMAAT SKRYF:
Daar is huidiglik die verkiesing van ouderlinge aan die gang. Ek is nie sonder sonde nie, ook nie heilig nie. Ek het ook my swakpunte, my foute en tekortkominge, soos enige mens.
In die verlede was ouderlinge gekies wat getroud is, maar deesdae word ongetroudes en ouderlinge wat in buite-egtelike verhoudinge betrokke is gekies. Die Bybel sê duidelik hoe 'n ouderling moet wees, maar die kerk het geen kriteria of enige riglyne nie.
'n Pastoor word byvoorbeeld vir 'n sekere tyd onder tug geplaas as dinge in sy/haar huwelik of lewe nie reg is nie, maar ouderlinge kom weg met alle verkeerde dinge. Hoekom?
As dit van die pastore verwag word om 'n voorbeeldige lewe te lei, hoekom nie ook die ouderlinge nie? 'n Ouderling moet beaarbei, bemoedig, vermaan en raad gee, maar hoe, as sy/haar lewe ook nie reg is nie.
Ek is jammer dat ek 'n brief aan die koerant skryf hieroor, maar daar is niemand wat hierdie probleem aanspreek wat nou 'n gewoonte in ons kerk geword het nie.
Die leiers laat dit vir jare toe. Dit is nie 'n verskoning om te sê dit is die gemeentelede se keuse nie. Dit is geen verskoning of 'n aanvaarbare antwoord nie.
Ek weet dit is nie net "saam lewe" wat 'n "sonde" is nie, maar ons kan tenminste nie dinge wegsteek waarvan ons weet nie. Drankmisbruik is 'n ander euwel.
Die kerk moet die mense aanmoedig om te trou, en help om uit die kloue van drank en dwelms te kom. Ons moet ons verantwoordelikhede opneem en ophou met die "boetie-boetie-skap".
Ons hoor ook dat by sommige gemeentes ouderlinge wat nie benoem was nie op 'n manier ingebring sal word. Hoe dit gehanteer sal word, wil ek graag sien!
Tydens die benoeming is seker gemaak dat die "tjommies" gekies word, want hulle moet die parogie-raad "oorneem" en hul agendas deurvoer.
Die kerk is nie meer wat dit was nie. Ek bring net my ontevredenheid na vore en dit is my demokratiese reg om te sê wat ek wil sê.
Jammer as ek op iemand se tone trap, maar ek spreek net aan wat verkeerd is.
Net tot daar!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie