Die sterftes was onnodig
Die sterftes was onnodig

Die sterftes was onnodig

Dani Booysen
Die tragedie waarin 'n moeder en kleuter tydens 'n kitsvloed in Windhoek se informele nedersettings omgekom het, diep ryke stof tot nadenke.

Die lot van me. Saima Thomas en klein Jason Lukas Shindinge (2) dwing ander Namibiërs opnuut diep in die skoene van medeburgers wat onder uiters moeilike omstandighede 'n bestaan voer. Mnr. Nehemia Shindinge is alleen agtergelaat met die paartjie se twee dae oue baba. Só 'n gesin mag nie naamloos bly nie.

Talle ander inwoners het ook deurgeloop.

Verstedeliking bly een van die land se groot uitdagings en argumente dat die intrekkers nie hier hoort nie en vir hulle eie noodlot aanspreeklik is, is hartelose onmenslikheid. “Ons het nêrens anders om heen te gaan nie,” het inwoners gesê. Hulle sal maar net weer hul sinkhuise opslaan en van voor begin.

Die tragedie se wortels lê ook in die behuisingskrisis en die tempo waarteen informele nedersettings verbeter word. 'n Munisipaliteit het 'n verantwoordelikheid om mense nie aan lewensgevaar bloot te stel nie.

Byvoorbeeld in Oshakati is 'n aankomsentrum vir nuwe intrekkers opgerig. Die beginsel kan orde verbeter, maar as sulke sentrums oorstroom word, gaan dit nie beter lewensomstandighede skep nie.

Die behuisingskrisis kan nie oornag opgelos word nie, maar 'n waardige dak oor elkeen se kop en die ontwikkeling van klein dorpe en landelike gebiede as teenvoeter vir verstedeliking, bly die mikpunte waarna ons moet streef.



So sê ander

17 April 2018



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Die ouditeursfirma KPMG het Sondag uiteindelik gedoen wat hy lankal moes.

'n Onafhanklike hersiening van al sy vennote se werk oor die afgelope 18 maande volg nou ná die soveelste skandaal wat die eens gerespekteerde firma getref het.

Die vraag is net waarom die maatskappy gewag het tot nóg skade aan sy reputasie aangerig is voor hy uiteindelik behoorlik huis skoonmaak.

Die belangrikste eienskap wat ouditeurs kan hê, is hul reputasie om onkreukbare integriteit aan die dag te lê.

Dit is een ding om te weet jy doen iets verkeerds, maar veel erger as jy die verkeerde gedrag boonop onder die mat probeer invee. Die een of ander tyd kom byt dit jou aan die hakskeen.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!