Die sterretjies, ek en ’n koorspen
Tielman van Lill – Ek lees toevallig eendag iets wat André P. Brink geskryf het. Brink vertel hy moes in 1984 saam met PW Botha op ’n oorsese missie vlieg. Op dié wyse slaag Brink met sy terugkeer om ’n Playboy die land in te smokkel. . .
Brink se eskapade het my aan my hoërskooldae laat dink toe die nuutste maandelikse uitgawe van die gesogte Scope met die grootste geheimhouding in ons geledere gesirkuleer is.
Ons almal, die dominee se seun en die hoofseun inkluis, was van mening dié publikasie se artikels en foto’s was van besondere gehalte. Meeste van die manne kon dit nie self koop nie, want te veel mense het hul ouers geken.
Dus was daar ’n laaaang ketting voordat dié kleinood in die volgende leesgierige tiener se hande beland het. Dit was ook ’n reuserisiko om jou Scope aan jou pêlle uit te leen.
Die kans was groot dat jy jou kosbare tydskrif met net ‘n Lexington-advertensie gaan terugkry. “After action, satisfaction,” was die advertensie se slagspreuk.
Later het ek slim geword en ’n deposito gelykstaande aan my belegging se prys gevra en ‘n winsie bygevoeg alvorens Jan die publikasie vir twee dae kon “lees”.
Die deposito was net as sekuriteit om te sorg al die natuurtonele is nog waar dit moet wees as ek my belegging terugkry.
Wat natuurlik die meeste gepla het, was die alewige sterretjies waar dit nie moes wees nie.
Scope kondig toe een jaar die wonderlikste nuus aan dat sy sterretjies met die nuutste tegnologiese ink gedruk gaan word. Met sy volgende uitgawe kan die sterretjies teen die regte temperatuur in ’n bad warm water soos mis voor die son verdwyn.
’n Koorspen was vrylik in Ma se medisynekassie beskikbaar. Om die voorgeskrewe temperatuur te bereik, was natuurlik nie so maklik nie. Die artikel het dit baie duidelik gestel die water se temperatuur mog nie ’n aks laer of hoër as 33 grade Celsius wees nie.
‘n Paar van ons musketiers het die volgende uitgawe met groot afwagting gekoop. Die volgende dag sou ons sakke vol geld by die skool verdien. Van die manne het van walkmans en ander luukshede begin droom. Altans so het ons gedink.
By die huis het die uwe natuurlik gesorg hy het daardie aand al die nodige middele tot sy beskikking om die ou joppie suksesvol af te handel. Daar is getap en gemeet. Toegedraai, gemeet. Weer gemeet en getoets, en toe eureka! Die water was reg.
Presies 33 grade, sê Ma se koorspen. Die bladsye is met groot sorg verwyder en die middelstuk wat natuurlik met ’n nuwe Ferrari vergelyk kon word, was eerste en liefderyk in die bad geplaas.
Ek sit die res van die bladsye so vinnig as moontlik in die water en die gewag begin.
Om die senutergende gewag effe te demp, het ek in die stort gespring. “I wanna break free, I want to break free!” laat waai ek met Queen se treffer en ’n stem wat die bure se honde aan’t tjanke sit en onder die beddens laat wegkruip. Dit was seker die gedagte aan die rande wat in my sak gaan klingel en die feit dat ek ’n onbelemmerde uitsig ná jare se verborgenis sal kan geniet, wat my so uitbundig gestem het.
Ek klim uit die stort met ’n huppel in my stap. Ek kom met ’n skok voor die bad tot stilstand. Tot my stomme verbasing is die gewraakte sterre presies nog net daar waar dit nie hoort nie!
Die volgende dag is ek bekaf skool toe. “En toe ouens, het julle reggekom?” vra ek heel onnodig vir my dikbek maters. Dit was eers met kleinpouse dat een van die ouens met dié tydskrif uit die toilet kom en vra: ”Het julle getjek, dis April se Scope die?”
Dit het ’n rukkie geneem voordat die nuus behoorlik ingesink het. Ons almal is vir April-gekke gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie