Die storie van Ellen Pakkies
Die span agter die indrukwekkende rolprentverwerking van een van die mees opspraakwekkende moordsake in Suid-Afrika het pas aangekondig dat hierdie misdaaddrama gekies is om deel te wees van die 44ste jaarlikse Seattle- Internasionale Rolprentfees (SIFF) in die VSA, wat van 17 Mei tot 10 Junie plaasvind.
ELLEN, DIE STORIE VAN ELLEN PAKKIES sal een van 400 flieks uit 80 lande wees wat by hierdie gesogte geleentheid oor ’n tydperk van 25 dae vertoon word.
Daar word meer as 145 000 mense verwag en dit is een van die grootste rolprentfeeste in Amerika.
“Ons is ongelooflik opgewonde oor die feit dat ons fliek by die Seattle- Internasionale Rolprentfees gaan wys. Ellen se storie is uniek. Sy is een van ’n handvol ma’s wat hul eie kinders doodgemaak het. Maar in dieselfde asem is haar storie ook dié van miljoene ander, plaaslik en oorsee. Die hartseer ding is dat daar universele elemente in Ellen se storie is wat tot vandag toe nog gebeur. Dwelmmisbruik, armoede, die Vlaktes en familiegeweld. Ons probeer die kyker vat na ’n wêreld wat hy dink hy ken, maar glad nie verstaan nie,” sê vervaardiger Schalk-Willem Burger oor dié eer wat hulle te beurt geval het.
“Ek sê al vir jare dat ons bedryf wêreldklas films en televisiereekse maak. Ons het die tegniese kennis en ons het ’n werksetiek wat skrik vir niks. Die grootste probleem is klein begrotings, maar ons sien al hoe meer hoe Suid-Afrikaanse filmmakers dit keer-op-keer regkry om met dié klein begrotings ongelooflike flieks te maak. Ons moet aanhou om sulke topgehalte produkte in die internasionale arena in te stoot, want dit is goed vir die plaaslike bedryf.”
Die fliek, wat ook reeds op 27 Januarie vanjaar by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees vertoon is, vertel die storie van Ellen Pakkies (Jill Levenberg) se spanningsvolle verhouding met haar 20-jarige seun, Abie (Jarrid Geduld), wat aan dwelms verslaaf is.
In 2007 het sy dood wêreldwyd opslae gemaak toe onthul is dat sy eie ma die moordenaar is. Dis die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses geplaas word, teregstaan op ’n moordklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe. ’n Plaag, met gevolge wat verder strek as die Kaapse Vlaktes en wat die staat se onvermoë beklemtoon om die armstes van die armes te beskerm.
“Ek speel die rol van die dwelmverslaafde Abie Pakkies wat op die Kaapse Vlaktes grootgeword het. Dit is altyd ’n groot uitdaging om iemand se ware verhaal te vertel, veral een wat steeds relevant is. Ek het baie gewig verloor en probeer om myself in die karakter in te leef ter voorbereiding van die rol en hoop dat my vertolking vir kykers sal insae gee oor wat binne die kop van ’n verslaafde aangaan,” vertel Jarrid.
“Dit is wonderlik om te hoor dat die fliek belangstelling prikkel, plaaslik en oorsee, en dat dit by die Seattle-rolprentfees vertoon gaan word. Ellen se storie verdien om oraloor die wêreld gekyk te word sodat dit gesprekke oor verslawing kan begin en verandering kan intree.”
ELLEN, DIE STORIE VAN ELLEN PAKKIES is vervaardig onder leiding van die bekroonde regisseur Daryne Joshua van Gambit Films, wat ook verantwoordelik vir die lokettreffer Noem My Skollie is.
Die draaiboek is deur Amy Jephta geskep, met insette deur die regte Ellen Pakkies wat ook haar huis vir die verfilmingsproses oopgestel het.
“Ons hoop ’n invloedryke persoon sal die fliek sien en ’n betekenisvolle verskil in sulke gemeenskappe maak. Verfilming het in Lavender Hill in Ellen se huis, waar die moord gepleeg is, plaasgevind en ons het uit ons pad gegaan om vir die kyker die regte wêreld te wys waarin hierdie vrou gewoon het en steeds woon,” sê Burger.
Jill Levenberg (Genadekans, Noem my Skollie, Leemte, While You Weren’t Looking, Abraham, Bekkies Gevind, As Ek Huistoe Kom, Fluit-Fluit, Atlas, Uitvlucht en Suidooster) speel die rol van Ellen Pakkies en het reeds baie positiewe terugvoer oor haar vertolking ontvang. Elton Landrew, Shimmy Isaacs en Kay Smith is ook in die fliek te sien.
Hierdie ontstellende verhaal oor ’n stormagtige ma-en-seun-verhouding, dwelms en moord, is propvol intrige, emosie en spanning, wat kykers nie net vasgenael sal hou nie, maar ook kritici sal beïndruk.
Die fliek is in samewerking met M-Net, kykNET-films, die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en TMPBC (The Moving Billboard Picture Company) vervaardig.
Dit word op 7 September landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie