Die stryd teen die siklus van misbruik
Die stryd teen die siklus van misbruik

Die stryd teen die siklus van misbruik

Evany van Wyk
‘n Klop aan die deur.

Die buurman se vrou het weer nie haar les geleer nie.

“Help!” skreeu sy opnuut. “Ek kan dit nie uithou met Piet nie!”

Ek huiwer om oop te maak, maar my gewete pla my.

Bebloed en in trane staan sy in die winterkoue.

Met niks anders as ’n dun rok aan haar afgemartelde lyf nie.

My hart sak in my skoene toe ek haar sien.

Sy lyk verlore en bang.

Elke Vrydagaand is dit hoe dinge gaan.

Piet suip en Piet slaan, sy huil en ek troos en berispe.

Raad gaan by die een oor in en by die ander een uit.

Piet kom Sondag om verskoning vra en liefde vul die lug.

Vergete is die naweek se voornemens van ’n nuwe begin.

Want mevrou Piet de Wet vergewe en vergeet.

Dinsdag is alles nog hunky dory tot Donderdagaand wanneer Piet se naweek afskop.

Hulle drink saam ’n biertjie en gaan slaap in vrede.

Tot Vrydag se duiwel weer elfuur die aand sy opwagting maak.

Hy loop twee rye spore en is op soek na die kos wat sy vrou moes koop met die geld wat hy haar nooit gegee het nie.

‘n Klap hier, ’n stoot daar.

Interne bloeding en ’n paar skoppe daarná.

Ambulanse in die straat en polisieverklarings word afgelê.

Sy was al die tyd verwagtend.

Beloftes van verandering en liefdeballades en . . .

Soos gister se wind is sy weer terug in sy arms.

Met verklarings wat teruggetrek word, is alles vergete.

Al waaraan ek kan dink, is die kortgeknipte lewe van die fetus wat in haar was.

Hoe kan sy terugklim in sy bed en sy klere was?

Jou kind is vermoor en jy gaan aan.

Op watter manier moet God nog ‘n teken stuur?

Loop uit die verhouding en begin ’n nuwe paadjie loop.

Maar dit lyk my almal doen iets vir hul eie gewin.

Duur geskenke is haar beloning.

Sy dra dit met trots en vertel almal van haar wonderlike man.

Die siklus gaan aan, want Donderdag is om die draai en die man se mond begin water vir alkohol.

Geweld, manipulasie, en sielkundige afmarteling klink alles so normaal in ons gemeenskap.

Wanneer gaan die revolusie plaasvind en die duiwel ophou alles omkrap?

Die horlosiewyser is op die elfde uur.

Wie weet hoe lank ons dit nog sal kan verduur?

Opstand is aan die orde van die dag.

Ons soek nie net geregtigheid nie, maar ook die mag.

Die mag om dinge te verander en reg te stel.

Want niemand behoort bang te voel in hulle eie vel nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!