Die Tara-kat wys naels en sy byt is gevoel
Onvoorsiene omstandighede het menige wedrenspan se kanse op 'n goeie eindposisie beduiwel.
Tielman van Lill - Met die geskiedkundige 50ste Tara-tydren agter die rug wat vanjaar weer deur Total Namibië as hoofborg ondersteun is, weet almal teen dié tyd wie Saterdag as die konings van die uitmergelende 20 sneldele vanaf Swakopmund na Windhoek bekroon is.
'n Klein bietjie meer agtergrondinligting oor wat plaasgevind het, sal niemand armer maak nie. Nadat die hoofroetebeampte Donderdagnamiddag die finale wegspringrooster geteken het, was 'n totaal van 19 tydrenmotors en nege veldrenvoertuie (“off-road”, OR-klas) gereed om die eerste vier trajekte in die woestynsand te pak.
“Die kat het my gebyt,” was 'n algemene sêding onder die jaers wat die storie van die oorspronklike Tara-kat ken en weet wat die tydren met sy onvoorspelbaarheid kan aanvang. Dis wat gebeur wanneer 'n span se kar so erg beskadig is, dat dit liefs op 'n sleepwa getrek moet word en die jaer en sy navigator die res van die tydren as toeskouers volg.
Net 18 van die oorspronklike spanne wat weggespring het, kon daarin slaag om Saterdagnamiddag by die Tony Rust-renbaan die strawwe marathon in versengende hitte oor drie dae en supersneldele van 211 kilometer te voltooi.
Die kat was sommer met die intrapslag doenig waar hy Richard Slamet en Wiets Coetzee se I-S Freight Services 4x4 S4 Subaru STi in die eerste supersneldeel (SS1) beetgekry het en Hanré Myburgh se linkervoorband aan stukke laat spat het.
In SS2 moes Slamet noodgedwonge die sleepwa ontbied nadat 'n waterlekkasie die Subaru se kragbron totaal en al laat verlep het.
Wilro Dippenaar in sy 4x4 Shell V-Power Toyota Auris S2000 sluit die eerste aand (SS1 tot SS4) met 'n voorsprong van 18 sekondes voor Allan Martin se 4x4 J&P Hydraulics VW Polo S2000 af, gevolg deur Japie van Niekerk in die 4x4 NAD Ford Fiesta S2000 (almal S3-klas).
Ongelukkig verdwaal Jaco Redelinghuys/Dries Booysen in SS4 en verloor 'n geskatte tien minute teen die voorlopers, wat bykans onmoontlik is om weer in te haal.
In die S4-klas loop Oswaldo Mendes/Kes Naidoo in 'n 4x4 Subaru Turbo voor en lê algeheel in die vierde posisie met Jan Everson se wakker oranje S2-klas VW Polo kort op hul hakke. Guy Botterill (RSA) se Toyota Etios oorheers die S1-klas, maar sal later deur die kat ingehaal word.
In die OR A-klas gee Jaco van Dyk se V8 Nissan Navara (29:22) die pas aan, met Stefan Labuschagne se V8 Gobabis Auto Truck & Tractor Land Rover in 43:08 tweede en Richard Himmel met 'n V8 Dakar Toyota derde in 47:10.
Vrydagoggend moes 27 spanne gereed wees, maar die kat eis nog agt slagoffers gedurende die dag om die totaal op nege te staan te bring.
Guy Botterill/Simon Vacy-Lyle (gebreekte klep) en Rolf Pretorius/Kai Pretorius (4x4 S4 Subaru Turbo) is die eerste ongevalle wat nie vir SS5 kan wegtrek nie.
Nadat Allan Martin uitstekend gejaag het, onttrek hy ná SS7 ook met 'n gebreekte klep en word deur Hanré Myburgh/Kurt Hartung (S1 VW Polo) ná SS8 gevolg met 'n enjin wat meganies vernietig is. Ook JD Kessler/JP Robinson (SS8) moet die aftog met 'n afgerukte veringstelsel blaas, terwyl Jan Everson/Fanie Botes (SS9) se Seal Consulting S2 VW Polo op net drie silinders sukkel en by Karibib halt roep.
In die OR D-klas groet Wido Bartsch/Marius Boshoff (Ford Courier-bakkie) en John Clift/Derick Clift (Toyota-bakkie, gebreekte as) moet in SS5 die aftog blaas.
Behalwe vir die manne se karre wat deur die Tara verniel word, reël die noodlot ewe kordaat vir 'n ellelange staande trein by Usakos wat sorg dat SS10 in geheel gekanselleer moet word. Ná twee uiters opwindende supersneldele Vrydagaand by die Tony Rust-renbaan, oorheers Van Niekerk die byeenkoms en sluit die dag met 'n voorsprong van 1 minuut 33 sekondes voor Dippenaar af, gevolg deur Oswaldo Mendes/Kes Naidoo en Jaco Redelinghuys/Dries Booysen in sy 4x4 S3 Gobabis Toyota Yaris S2000.
By die OR-jaers klop Jaco van Dyk/Michel Rust hul opposisie sover gerieflik, met Himmel/Adolf Botes (tweede) en die Labuschagnes se Landy derde.
DIE LAASTE TREE
Net vyf sneldele van 'n rapsie oor die 30 km is oor, maar dit is hier waar die kat rondsluip vir 'n onverwagse besoek. Negentien spanne (12 tydren en 7 OR) spring Saterdagoggend weg met Van Niekerk, Dippenaar en Mendes in die voortou terwyl Van Dyk, Himmel en Labuschagne by die OR-afdeling die pas aangee.
Tinus Malan/Paul van Niekerk (S2 Ford Focus) breek 'n deel van die Focus se stuurmeganisme by Prosperita (SS18) wat konsternasie veroorsaak met die sneldeel wat vir 'n halfuur gesluit moet word.
Hulle is nie die kat se laaste prooi nie en so byna word Van Dyk se aanslag ook deur 'n gebreekte sy-as van die Navara gepootjie, maar hy slaag daarin om die laaste twee sneldele vir die eerste Tara OR-kroon by die Tony Rust-renbaan te voltooi.
Japie van Niekerk, nou die viermalige Tara-kampioen, het sterk Namibiese bloed wat deur sy are pomp.
“Ek het 20 maande laas aan 'n tydren deelgeneem, maar dit het ons nie verhinder om in 'n baie kort rukkie voor te berei nie.
“Ek kon nie nee sê toe ek genooi is om aan die 50ste byeenkoms deel te neem nie. My pa is in Namibië gebore en dit is my gunsteling plek om te besoek waar die mense my na aan die hart lê. Dit is ongelooflik om die Tara 'n vierde keer te wen en ek sou dit nie kon vermag as my diensspan asook navigator Gerhard Snyman nie alles 100 persent reg gedoen het nie.
“Saterdagoggend het ek myself gemaan om versigtig te wees in die laaste vyf sneldele, want een roekelose fout kon my die titel kos.
“Die name Total en Tara is onafskeidbaar en ek bedank Total, die organiseerders van die Windhoek- en Walvisbaai Motorklubs, asook al die beamptes wat die kompetisie seepglad laat verloop het.
“Ons sal beslis in die toekoms terug wees en ek is van mening Total het die regte besluit geneem om as hoofborg sy terugkeer te maak,” het Van Niekerk aan Republikein vertel.
Jaco van Dyk, wat die OR-titel gewen het, sê sewe jaar her verbygegaan voor hy weer kompeterend kon jaag.
“Ek het in 2011 laas aan 'n tydren deelgeneem, maar was gereed om nou weer aan dié mooi sport deel te neem. Dit is ietwat van 'n malligheid, maar nou ja, ek sal maar net lag. Toe ek die Maandag voor die byeenkoms hoor Richard Himmel bring daai V8 Dakar Toyota in, was my senuwees klaar. Al het hy in 1999 laas deelgeneem, bly hy 'n briljante jaer en mens.
“Ek het gehoop die 24/7 Race Fuels V8 Nissan Navara wat deur Red-Line gebou is, sal mans genoeg vir die V8 VW Amarok wees, maar die Dakar Toyota was 'n perd van 'n ander kleur. Beide die twee bakkies het tot die einde die beste uit my gehaal. Die Navara was eenvoudig briljant en 'n onbeskryflike voertuig wat te goed vir die Amarok en Toyota was.
“Alle eer aan ons Vader in die hemel. Hy het ons gedra en ons kan net dankbaar wees dat niemand seergekry het nie. Baie dankie aan Magdel Engelbrecht en haar man Frikkie wat vir die kos en die oppas van my kinders gesorg het.
“Aan my navigator en ewige vriend Michel Rust – wat 'n mens ! Met hom sal ek saam oorlog toe gaan. Sonder hom en die hele span sou dit nooit moontlik gewees het nie.
“Baie dankie aan Total wat in moeilike ekonomiese tye as hoofborg teruggekeer het en ek sê ook dankie aan ieder en elk wat die groot byeenkoms gereël en gesorg het dat alles glad verloop. Wat 'n voorreg was dit nie om weer terug te wees en al die ou jaers te sien nie.
“Ons sien julle beslis volgende jaar met nog Navaras. Baie dankie aan die nuusmanne en toeskouers wat dit die moeite werd gemaak het. Dit is lekker om terug te wees,” het Van Dyk aan die koerant gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie