Die Tara-legende leef voort
Motorsport
Tielman van Lill - Baie mense het al seker gewonder waar die naam Tara vir Namibië se bekendste tydren vandaan kom?
Alles het by Dennis Kent begin wat die eerste byeenkoms in 1969 gereël het en deur homself geborg was. Vele ure is bestee om ’n paslike naam vir die tydren te vind en ná heelwat gekoukus, is besluit om die naam van Tara, sy Siamese kat, te gebruik. Tara het reeds 29 jaar gelede na die hiernamaals vertrek en is in Pretoria by die DBV gedenktuin begrawe.
Wel, die “Taras” soos dit ook onder deelnemers en geesdriftiges bekend staan, is vandag steeds daar en een van die strafste tydrenne in Suidelike Afrika. Dit is alles te danke aan die jarelange toewyding van Kent wat vroeër vanjaar oorlede is, asook die steun van ander tydrengeesdriftiges.
Kent was een van daardie mense wat niks sonder die nodige navorsing gedoen het nie en dit dan met passie uitgevoer het. Saam met die Thompson-broers, mnre. Deubler, Larry Kritzinger en Ziggi Timm was hy een van die Windhoek Motorklub se stigterslede.
In 1969 het Peter Gaus en Peter van der Merwe saam met Kent die eerste Tara aangebied wat reeds die aandag van jaers in Suid-Afrika getrek het. Befaamde jaers soos Sarel van der Merwe, Geoff Mortimer en Serge Damseaux wat almal Suid-Afrikaanse kampioene was, het meer as een keer ’n draai kom maak om die Taratitel te buit.
BEGINJARE
Die eerste wenners in 1969 was André de Jager en Chris Liebenberg in ’n Renault Cordini. Die roete was maar woes en het heen en weer oor die Gamsberg geloop en ook Spreetshoogte ingesluit. Die eerste hervulpunt was op Nauchas waar die manne kon bene rek.
Die 1970-weergawe was heelwat korter, maar blykbaar selfs moeiliker. Die roete het deur die Rehoboth en Dordabis omgewings gekronkel. Daardie jaar was Bill Dillon en Peter Gaus die gunstelinge, maar ’n pap band het hulle gepootjie wat aan Pix von Pritzwitz en Larry Kritzinger die kans gebied het om die Tara in ’n VW-kewer in te palm.
1971 is as ’n stowwerige affêre beskryf. Die jaers moes die pad deur Nina, Rehoboth, Schlip, Nauchas, Gamsberg en Windhoek volg. ’n Ompad wat deur die destydse paaie-administrasie geskraap is, het chaos veroorsaak en menige ryers het verdwaal. Herbie Klein was seker loshande die ongelukkigste toe hy ’n sekonde laat ingeboek het. Dieter Gaus en Udo Weck met ’n drie-liter Ford Capri is as die wenners bekroon.
In 1972 besluit Kent om ’n oop seksie deur die Namib vanaf Windhoek na Keetmanshoop in te stel, wat basies een lang spoedseksie was! Die regte kompetisie het op Keetmans afgeskop waar die spanne mekaar terug na Windhoek gejaag het. Louis Cloete is die eerste Suid-Afrikaner wat saam met Willem van Heerden in ’n Ford Escort koning kraai.
Cloete word in 1973 met ’n Opel Manta die eerste jaer wat vir die tweede maal die Tara-titel agter sy naam kan skryf. Die roete was in vier seksies verdeel wat oos, wes, noord en suid van Windhoek afgelê was.
Vir die 1974-byeenkoms was al die klublede opdrag gegee om elkeen sy eie roetes te gaan soek, wat dan later saamgestel was.
Peter Gaus (Namibië) was daardie jaar die eerste plaaslike navigator wat saam met Jannie Kuun, ’n Suid-Afrikaner, die Tara in ’n 1900 GSL Toyota Corolla aanpak en wen nadat hulle vir bykans 4 km met ’n pap band moes ry.
Anders as wat mense algemeen aanvaar, het Total eers in 1975 as hoofborg sy toetrede tot die byeenkoms gemaak. Van toe af het die tydren as die Total Tara bekend gestaan en het bykans volksbesit geword.
Die jaers het mekaar tussen Rehoboth en Windhoek opgedreun en dié slag het Buks Visser en Ingo Kiesewetter die vlag laat wapper om die kroon huis toe te bring.
Geoff Mortimer saam met Chris Hawkins (beide RSA) in ’n Leiland Marina bederf ’n jaar later die plaaslike jaers se planne deur die titel opnuut oor die Oranjerivier te neem.
In 1977 doen Sarel van der Merwe dieselfde toe hy en navigator Riaan de Jager met ’n Marina seëvier. In 1978 moet die plaaslike manne weereens sien hoe die wisseltrofee na Suid-Afrika saam met Mortimer en Spotty Woodhead en hul Chev Chevair verdwyn.
1979 was egter die jaar waarin die bordjies verhang word toe Uwe Molzahn en navigator Louis van Zyl in ’n Ford Escort ná drie jaar se droogte die trofee plaaslik laat staan maak.
• Moet môre se koerant nie misloop nie, om te sien watter spanne ingeskryf het en hoe die “nuwe” tydren vanjaar uiteen gesit is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie