Die toekoms is ‘n stadsplaas
‘n Stedelike plaas is beslis die moeite werd én winsgewend, sê Aqua Grow Namibia se eienaar, wat alles van kompos, organiese groente, mikroslaai en selfs visse produseer.
Elvira Hattingh - Alles van organiese kruie, groente, mikroslaai, visse asook kompos word op Heiko Izko se stedelike "plaas" in Windhoek geproduseer – iets wat hy as “beslis die moeite werd én winsgewend” beskryf.
Izko, eienaar van Aqua Grow Namibia wat van sy produkte plaaslik aan kleinhandelaars en private verbruikers lewer en ook in akwaponika-opleiding en -stelselontwerpe spesialiseer, sê hierdie is beslis hoe die pad vorentoe gaan lyk. Dit is naamlik om kos te produseer op ‘n "plaas" so groot soos ‘n huiserf.
“Stedelike akwaponiese plase is die toekoms. Buiten dat dit organies is en ons bydrae tot aardverwarming verklein, verkort dit die voorsieningsketting en sny dus jou vervoerkoste,” het hy verduidelik.
“Die vraag na vars en goeie gehalte kruie is groot in Windhoek,” sê hy. Hy kweek ook eetbare zinnia- en Afrikanerblomme, wat hoog in aanvraag is by restaurante vir garnering.
AKWAPONIKA
Tydens ‘n besoek aan sy "plaas" wys Izko hoe sy stesel werk en hoe hy hoofsaaklik verskillende soorte basiliekruid produseer – iets waarmee hy nie kan voorbly nie.
Izko het sy akwaponiese plaas in Augustus verlede jaar na Windhoek verskuif. “Akwaponika is ‘n integrasie van beide akwa- asook permakultuur,” sê hy. “Permakultuur is die toekoms vir Namibië en die wêreld, en dit is waarmee ek eksperimenteer,” verduideik Izko. “Dit is groot pret.”
Permakultuur is ‘n holistiese benadering tot die bestuur van grond wat in florerende, natuurlike omgewings aangetref word, terwyl akwakultuur na visboerderye verwys.
In sy akwaponiese kweekhuis groei Izko blaarslaai en spinase in ‘n diep waterbak, waar die plantjies in ‘n potjie in ‘n tipe deksel geplaas word, met die wortels wat dan tot onder die "deksel" in die water groei.
“Wit wortels in so ‘n stelsel is ‘n teken van gesonde plante,” verduidelik hy en wys ook hoe die klein potplantjies in so ‘n waterbak groei. “Dit word hoofsaaklik met klippies gevul – en die boonste laag is kokosneut. Dit help vir goeie belugting,” sê hy.
Hy plant sy kruie in klipgevulde vloed-en-dreineringsbeddings.
“Met akwaponika kan jy nie die stelsel ‘kul’ nie, jy moet by organiese praktyke bly. As jy sou kul, sal die visse vrek.
“Die visse is dus soos jou ‘polisiemanne’,” het hy verduidelik. Dit beteken ook hy kan nie chemiese beheer vir peste toepas nie.
Toe hy vroeër vanjaar ‘n plaag snywurms in sy kruie gehad het, moes hy alternatiewe maniere vind om daarvan ontslae te raak.
Die akwaponiese stelsel stel hom egter in staat om sy bedddings te laat vloed, wat die wurms of laat versuip, of teen die plante laat uitklim, wat beteken hulle kan met die hand verwyder word. Hy maak ook voorsiening vir voordelige insekte binne sy kweekhuisstelsel, wat die natuurlike vyand is van sekere peste wat sy plante kan aanval.
VISSE
Izko verduidelik sy akwaponiese stelsel is ‘n geslote een, waar voedingstowwe binnegehou word en wat dit ook baie waterdoeltreffend maak. Hy hervul sy hele stelsel twee weekliks met net sowat 1 kubieke meter water.
Die stelsel het ook twee vistenks waarin hy tilapia- en khoivisse aanhou. Hy sê die tilapias eet nie baie in die winter nie. Dis dan wanneer die khoivisse help om genoeg voedingstowwe aan die stelsel te voorsien, want hulle bly meer aktief in die winter.
“Jy kan nie visse in jou stelsel inbring dadelik nadat jy dit klaar gebou het nie. Dit moet eers sirkuleer en die nodige voordelige bakterieë kan gee om groei. Die bakterieë is nodig om die visafval in plantvoeding te omskep.”
Izko verduidelik dit beteken jy moet aanvanklik ammonium in jou stelsel inkry en dan vir beide ammoniumnitraat en nitraat toets. Sodra eersgenoemde weg is, dan weet jy jou stelsel is gereed om visse in te bring, sê hy.
Hy sê die tilapia is eetbare visse.
MIKROSLAAI
“Ek produseer ook mikroslaai ("microgreens"), wat spruite, eetbare blomme en kruie is. Dit word gewoonlik hoofsaaklik aan restaurante verkoop, maar Covid-19 het dié prentjie verander en nou lewer ons meer aan handelaars en private klante.
“Mikroslaai is vier tot veertig keer meer gesond as wat die groente in hul uitgegroeide vorm is. Dit geniet al meer erkenning in Windhoek en bykans alle restaurante soek nou daarvan op hul borde. Die vraag is van so aard dat ek oor sowat drie of vier maande my mikroslaai-boerdery sal moet uitbrei,” vertel Izko.
Mikroslaai kom in verskillende vorme voor – "vinnige" variëteite sluit in sonneblom- en radysspruite, wat binne ‘n week geoes kan word. Delikater variëteite soos rooi uie en beet neem sowat twee tot drie weke voor dit benut kan word.
Hy sê die mikroslaai kry daagliks water en omdat dit binnehuis gekweek word, moet die humiditeit, temperatuur en vloei van lug beheer word. Die saad word in bakke met kokosneut as ‘n basis geplant.
Hy maak ook sy eie kompos van die afval van die mikroslaai-plaas. Hy hou erdwurms in ‘n komposbak aan, wat plantmateriaal oor sowat ses maande tot ‘n bruikbare vorm verwerk.
BLOMME
Buiten vir die eetbare zinnia-blomme wat hy vir veral restuarante kweek, groei hy ook eetbare Afrikaner- en sonneblomme. Laasgenoemde soorte plaas beide stikstof terug in die grond.
Daarbenewens help die Afrikanerblomme met pesbeheer en daar kan tee van gemaak word wat goed is vir mense se vel en hare. “Dit word dikwels ‘vloeibare goud’ genoem,” vertel hy.
Die sonneblomme wat hy kweek, se geel blomblare is ook eetbaar en gesog om borde kos te verfraai.
Belangstellendes wat opleiding in akwaponiese boerderye wil ontvang, hulp met die ontwerp van akwaponiese stelsels wil hê of van Izko se produkte wil koop, kan sy Facebook- en Instagram-blad, Aqua Grow Namibia, besoek of hom by 081 2400 331 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie