Die toekoms ís jou besigheid
Op 25 Februarie gaan Dion Chang by die NTN Namibiërs ‘n kykie bied in sy jongste tendensvoorspelling, The State we’re in 2016, slegs ’n week nadat dit deur sy maatskappy, Flux Trends, vrygestel is.
Die lesing gaan vir enigiemand in die sakewêreld - van kleinhandel en beleggings tot kommunikasie – die moeite werd wees.
Chang is ’n innoveerder, ‘n kreatiewe denker en ? lewende bron van idees. Hy is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde tendensanaliste en het ‘n unieke uitkyk op “tendense as besigheidstrategie”. Terwyl sy voete ferm op Afrika-bodem geplant is, gebruik hy ? globale perspektief om die “zeitgeist” te peil en aan die voorpunt van tendense in die sakewêreld te bly.
In ? wêreld wat sukkel om by ? nuwe wêreldorde aan te pas, spesialiseer sy maatskappy daarin om verbruikers se ingesteldheid te verstaan en onverwagte sakegeleenthede binne die raamwerk van verskuiwende tendense te identifiseer en so te verseker dat globale tendense toepaslik bly wanneer dit op Afrika van toepassing gemaak word.
99FM se Kirsty Watermeyer, ook bekend en geliefd vir haar aanbieding van Tupopyeni op NBC, het ? onderhoud met Dion Chang gevoer om uit te vind wat ons van sy aanbieding kan verwag.
KW: Niemand weet al op ses dat hulle 'n tendensvoorspeller wil word nie. Wat het daartoe gelei dat jy vandag ’n internasionaal bekende tendensontleder is?
DC: Ek is eintlik net nuuskierig! Op ? ernstige noot, ek dink dit het ? oorsprong in my vorige beroep in die modebedryf en spesifiek in die tydskrifbedryf. Wat my laat besef het ek wil my eie besigheid begin, is omdat dit nie soseer die handsakke en skoene was wat my belangstelling geprikkel het nie, maar die sosiale stromings daarby betrokke, byvoorbeeld die punk-beweging en grunge. Dit is die sosiale dinamiek wat ek werklik interessant vind.
Toe ek begin het, het ek maar gedoen wat die meeste ander analitiese maatskappye gedoen het: verbruikersingesteldheid en kleinhandel. Maar die afgelope vyf jaar het alles skouspelagtig verander. Dit gaan oor die manier waarop ek strategies dink, maar ook na tegnologie en besigheid kyk, en hoe mense tegnologie gebruik en hoe hierdie twee bymekaarkom en oorvleuel. Dit was bloot 'n onderliggende passie wat ek het in 'n ander loopbaan en 'n besigheid omskep het.
KW: Wat is die noodsaaklike menslike eienskap agter tendensinstelling? Wie en wat bepaal die tendense?
DC: Op die oomblik is tegnologie die grootste dryfkrag agter verandering. Ons bevind onsself in ’n buitengewone tydperk in die geskiedenis - veral die afgelope vyf jaar. Die sosiale media-platforms is omtrent net ’n dekade oud. Ons is besig om so vinnig te groei en aan te pas dat maatskappye, wetgewers en regerings sukkel om by te bly. Ons is in wese besig om die Wilde Weste in te gaan – ? tipe niemandsland. En in kontras daarmee maak verandering mense senuagtig. Met hierdie eksponensiële tempo van verandering kan mens sien hoekom daar wêreldwyd konflik, wanorde en ontwrigting is. Daar is onrus op sosiale, politieke, ekonomiese en tegnologiese gebied omdat ons deur sulke groot veranderings gaan.
KW: Dit is die Wilde Weste op “vinnig vorentoe” (“fast forward”), plus ons is so bang vir verandering. Dit is ’n belangrike onderwerp, verandering as tendens. Ons verwelkom nie verandering nie en om daardie rede kan ons agtergelaat word.
DC: Ek praat baie met korporatiewe maatskappye, en ek is gewoonlik die draer van slegte nuus, deur hulle te vertel hul stelsels is uitgedien of hulle doen goed op die verkeerde manier. Daar is twee reaksies op my praatjies: Mense is óf werklik opgewonde óf vreesbevange. Daar is geen middeweg nie. Maar beide emosies is goed, want dit is goed om jou denkwyse te verander.
KW: So, dit is hoe jy die versperrings afbreek, om mense so ver te kry om verandering te verwelkom sodat hulle erken dit is goed vir hulle?
DC: Ons is in ’n era waar jy agterbly as jy verandering teëstaan.
Dit is waarom ek hou van wat ons by Flux doen, daar is altyd iets nuuts om te leer.
KW: Hoe toepaslik is Afrika en spesifiek Namibië binne die globale konteks van neigings en innovasie?
DC: Afrika is werklik belangrik noudat dit in die 21ste eeu inbeweeg. Almal sê Afrika is besig om opgang te maak. Ek stem tot ? mate saam, maar verskil ook. Ek dink dinge sal regtig eers teen die middel van die eeu verander. Afrika is ’n baie jong vasteland. As jy dit koppel aan waarheen tegnologie op pad is, sal jy baie dinge in Afrika hasie-oor (“leapfrog”) sien speel. Alles is nou op mobiele tegnologie, ons het rekenaars verbygesteek.
Afrika het nie infrastruktuur of fondse nie, wat beteken dat ’n mens anders moet dink. Jy vind skielik ? nuwe manier om dinge te doen sonder die tradisionele groot infrastruktuur. Die ontwikkelde wêreld sien dit en vra: “Hoe het hulle daarmee vorendag gekom?” Maar dit is net as gevolg van verskillende behoeftes en verskillende hulpbronne.
As jy na daardie jong ouderdom kyk, beteken dit dat ‘n jong demografie tegnologie teen 2030 gaan aangryp. Daardie jong mense gaan die leiers word en dan, dink ek, sal iets spesiaals gebeur. Die aanloop tot die volgende dekade sal ook opwindend wees.
KW: Dit klink regtig opwindend. Dit is definitief goeie nuus dat Afrikane die toonaangewers gaan word.
DC: Dit is soos ’n skoon lei. Die tradisionele pessimistiese sienings van Afrika, die diktators en korrupsie en so aan, gaan deel wees van ’n geslag wat sal uitsterf.
Ons is besig om parallel met die res van die wêreld te raak; as jy na die nuwe ondernemings in Kalifornië kyk, sien jy dieselfde is besig om in Afrika te gebeur. Hulle is almal entrepreneurs. Dit is regtig verblydend.
KW: Jy praat van skepping en tendens-innovasie. Daar is ’n siening dat tendense net betrekking op skeppende bedrywe, byvoorbeeld die klerebedryf, het. Hoe beïnvloed tendense ander bedrywe soos besigheid?
DC: Vier jaar gelede het ons ons mantra by Flux na “tendense as ’n besigheidstrategie” verander. Tradisioneel het tendense meer gehandel oor kleurvoorspelling of wat die volgende seisoen in die modewêreld gaan gebeur. Nou kyk ons op ’n holistiese wyse na gebeure.
My praatjie handel oor tegnologie, politiek, die natuurlike wêreld, ekologiese kwessies en pop-kultuur. Daar is ’n skakel tussen al hierdie dinge. Dit is in wese ’n groot spinnerak en as jy een klein deeltjie manipuleer, sal die hele ding begin vibreer. Mense verstaan die onderlinge verbintenis tussen goed. Ons is almal so besig en fokus net op ons eie veld van kundigheid dat ons vergeet daar is ander faktore wat ? invloed het op wat ons doen. Die Banting-dieet het onder meer die sosiale landskap, restaurante, graanpryse en broodpryse in Suid-Afrika beïnvloed. Ons wys mense wat verbintenisse is en hoe tendense jou kan raak, al is jy nie eens daarvan bewus nie.
KW: Is dit wat mense sal leer uit jou The State we’re in-aanbieding?
DC: Dit is eerder ’n besigheidsaanbieding. Dit is soos ’n uitvoerende opsomming van wat in die wêreld gebeur, ’n momentopname van die verskillende pilare en sektore waarby ons inskakel.
Die tema van hierdie praatjie is “The rise of the machines”, want ons is in daardie stadium waar masjiene mense se lewens beïnvloed, veral mense se werk. Mense vra my dikwels wat met hulle werk gaan gebeur omdat masjiene besig is om oor te neem. Hulle sê dikwels: “Wel, dit gaan nie aan die suidelike punt van Afrika gebeur nie” en dan sê ek: “Moenie so seker wees nie”. As gevolg van daardie hasie-oor van tendense gaan dinge baie vinniger gebeur, die wêrelddorp is baie nou verbind, en dinge wat tans as futuristies voorkom, is letterlik om die draai.
KW: Oor die jare het jy seker ongelooflike tendense gesien. Watter ontwikkeling het jy persoonlik fassinerend gevind?
DC: Dit is ’n interessante maar moeilike vraag. Die een ding wat my regtig fassineer, is die rol van die sosiale media en hoe vinnig dit gebeur het. Die is letterlik omtrent tien jaar oud, maar dit het al reeds alles verander. Dit het die kleinhandel, die advertensiewese en die media verander. Dit gee mense ’n ander stem. Daar is voor- en nadele daaraan verbonde, omdat almal ’n opinie het, en nie almal het die aangenaamste opinie nie, en nou kan hulle dit uitbasuin.
Die volgende rigting waarin ons beweeg, is die hiper-visuele sosiale media-platforms: Pinterest en Instagram. Ons is baie vinnig besig om na hierdie baie visuele manier van kommunikeer te beweeg.
KW: Kan jy een woord gebruik om 2015 en 2016 onderskeidelik te definieer?
DC: Vir my is die woord wat 2015 gedefinieer het “ontwrigting”. En die woord wat ons vir 2016 gebruik, wat ons ook in 2014 gebruik het en wat nou terugkeer (en ek is bevrees dit is nie baie positief nie), is “wanorde”. Daar is net soveel wanorde, daar is baie stof opgeskop in terme van xenofobie, rasprofilering, migrasies, rasseverhoudinge; daar is baie interessante dinge wat gebeur, en dit is slegs die voortsetting van wanorde en ontwrigting.
KW: Ek is seker dat dit van die dinge is wat moet gebeur. Wanorde gaan verandering vooruit, of eerder, chaos gaan verandering vooruit.
DC: Vir my is die “swaelstert”-woord vir wanorde “geleentheid”, want daar is onverwagte geleenthede. Mense sien dat die ou wêreldorde besig is om te verdwyn, verweer en opsy geskuif word, maar daar is nuwe geleenthede wat aangegryp behoort te word. So, dit gaan daaroor om nie jou kop in die sand te steek nie en altyd kop bo water te hou - jy moet op die uitkyk wees vir geleenthede.
Kaartjies vir hierdie aanbieding is by die NTN beskikbaar en aanlyn by www.staytoday.com.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie