Die toets lu00ea vu00f3u00f3r ons
Die toets lu00ea vu00f3u00f3r ons

Die toets lê vóór ons

Dani Booysen
Op, en in die aanloop tot Afrika-dag, het duisende Namibiërs landwyd hande geneem om die land te help skoonmaak.

Aanvanklike verskille oor wanneer dié groot regruk moes plaasvind daar gelaat, moet dit tel as een van die groot en suksesvolle voorbeelde van saamstaan vir ‘n positiewe doelwit die afgelope 28 jaar.

Pres. Hage Geingob se pleidooi vir die vestiging van ‘n kultuur van netheid en higiëne toe hy Vrydag saam die moue opgerol het om vullissake vol te maak, vat die essensie van probleme soos rommelstrooiery en besoedeling saam. Positiewe, voorkomende gedrag is nodig om te verhoed dat sulke vraagstukke krisisafmetings aanneem.

Net indien elkeen elke dag die omgewing waarin ons leef, woon, werk en reis skoon hou, sal die gety draai. Die slag vir ‘n skoon Namibië is beslis nog nie geslaan nie. En om een keer ‘n jaar in te spring, is nie die oplossing nie.

Gedragsveranderinge gebeur nie oornag nie. Dit verg nougesette en voortgesette beleggings op maatskaplike, logistieke, infrastruktuur- en ander gebiede.

Die toets, soos op baie gebeide, lê nie agter ons elkeen nie, maar voor ons. Hoe gebiede waar skoongemaak is oor ‘n maand of ses van nou gaan lyk, sal toonaangewend wees.

Deel van die veldtog se sukses is te danke aan die afwesigheid van politiek en leë retoriek, asook die aanwesigheid van ‘n eenvoudige, praktiese taak wat tot almal se voordeel is.

Dink net hoeveel ander uitdagings, byvoorbeeld misdaadbestryding, suksesvol met dieselfde benadering aangepak kan word. . .

So sê ander

27 Mei 2018

The Observer view on the Irish referendum result

For decades, Irish women with an unviable or unwanted pregnancy have faced an impossible choice.

No more. Friday’s referendum – expected to be close – in the end delivered a decisive majority in favour of repealing the Irish constitution’s eighth amendment.

The amendment has wreaked pain on countless Irish lives.

That the resounding victory was not purely a result of generational displacement hints at an Ireland more unified than many believed.

The result will also be felt beyond Ireland’s borders. Saturday’s result also offers hope to the 1.25 billion women globally who have no access to safe abortion.

Like the campaign for equal marriage, the Irish campaign for repeal shows that over the years it is possible to change people’s minds.

• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!