Die tyd sal leer
Die Project Room-galery se laaste uitstalling vir die jaar getiteld In the Meantime kan vanaf môre (13 November) besigtig word.
In the Meantime is ’n groepuitstalling deur kunstenaars wie se werk al vantevore by die galery vertoon is.
“Ongeag van hoe ons die lewe in hierdie tyd hanteer en voortaan sal hanteer, kan ons almal saamstem dat dit betekenisvol is. Tyd is vir ons ’n manier om te meet, te beplan, te skeduleer en sin te maak van die lewe. Dit wek ’n gevoel van nostalgie terwyl ons nadink oor vervloë tyd. Dit hou ons gegrond in die hede en motiveer ons as ons na die toekoms kyk. Deur dié jaar het die tyd in ooreenstemming met regulasies versnel en verlangsaam. En in daardie tye het ons verskillende maniere gevind om ons tyd te bestuur en te spandeer,” verduidelik die betrokke kunstenaars oor die uitstalling.
Van die kunstenaars wie se werk deel van hierdie uitstalling sal vorm, sluit onder meer Stephnie Mans, Ina Maria Shikongo, Lynette Musukubili, Tuli Mekondjo, Barbara Böhlke, Dörte Berner, Mitchell M Gatsi, Francois de Necker en Rudolf Seibeb in.
In the Meantime open môre om 11:00 by die Project Room-galery by 32 Jennerstraat in Windhoek-Wes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie