Die veranderde wêreld van arbeid
Nuwe moontlikhede wag op ontginning
Dr. Kobus Laubscher
Covid-19 het 'n vernietigende impak wat lank gaan neem om ekonomies “uitgesweet” te word, terwyl verreikende veranderings onafwendbaar is in terme van indiensneming en die arbeidsopnamevermoë van die ekonomie.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voorspel stewige groei vir die plaaslike ekonomie, maar dit is vanaf 'n lae/negatiewe basis.
Wat in die vooruitsig gestel word, is dat meer mense sal kan werk en dat die negatiewe verloop van werkloosheid gestuit gaan word.
Die vraag is die haalbaarheid van sulke bedoelings en gepaardgaande planne, want alle aanduidings is daar dat die “nuwe” ekonomie anders sal werk met indiensneming.
'n Onlangse verslag van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) bied belangrike kwessies vir oorweging deur beide werknemers sowel as werkgewers. Die pandemie het gewys op die noodsaaklikheid van sogenaamde maatskaplike beskerming soos werkloosheidsversekering, spesiale toelaes en dies meer.
Die bedoeling was suiwer by die ontwikkeling van sulke netwerke, maar die omvang en die aard van die vraag daarna is deur die pandemie uitmekaar geskeur.
Dit is so dat regerings 'n plig het ten opsigte van die behoud van menswaardigheid, maar dit is ewe bepalend om die rieme na die vel te sny. Ontwikkelende lande oorspeel dikwels hul hand ten opsigte van beloftes, maar val vas as dit by die voldoening kom.
Volgens die WEF was ekonomiese strukture reeds ontwrig in die aanloop tot die Vierde Nywerheidsrevolusie (VNR) en namate dit beslag gekry het. Wat indiensneming betref, is die toenemende mobiliteit van arbeid 'n voldonge feit met meer as 220 miljoen werkers wêreldwyd wat in ander lande as dié van hulle herkoms werk. Hulle is sonder hierdie maatskaplike beskerming as hulle in ander lande werk.
Wat die pandemie verder getoon het, is die feit dat sogenaamde maatskaplike veiligheidsnette wat regerings verskaf, grootliks uitgedien is, maar verder het werkgewersvoordele ten opsigte van maatskaplike beskerming in die private sektor ook gate gewys.
Die belangrikste verskuiwings wat nou oorweeg moet word, is die mobiliteit van dié beskerming, want al hoe meer werknemers sal in hul loopbane van werk verander.
Dis 'n ope vraag of wetgewing sulke gedwonge mobiliteit kan aanvul. Hierdie vereiste moet ook saamgelees word met die feit dat werkgewers van werkplek gaan verander – minder op kantoor, meer virtueel, ensovoorts.
Verder is tydelike werkverskaffing tot nou toe grootliks uitgesluit van amptelike indiensnemingstatistiek. Dit sal volgens die WEF hersien moet word, omdat permanente werksgeleenthede 'n ander vorm sal aanneem.
Vaardighede wat benodig gaan word en virtuele koppeling sal die spanwydte van sulke vaardighede uitbrei. Die meeste lande se beleidsraamwerke is nie tans gerat hiervoor nie.
Verder moet ook hewige teenkanting van vakbonde verwag word, want in die meeste gevalle veg juis hulle vir die behoud van uitgediende strukture.
Wat die landbou betref, word 'n groot premie geplaas op die skep van nuwe en meer werkgeleenthede. Ook dié verwagting sal herevalueer moet word en die ervaring ten opsigte van indiensneming van werkers wat meer mobiel is, sal anderse aanwending vind.
Vaardigheidsvlakke is vervolgens onderhewig aan hersiening, want voor die pandemie was dit al ontoereikend. Vanweë die spoed van tegnologiese ontwikkeling, is opleidingsiklusse verkort en meer gereeld. Nuwe vaardighede moet oor korter tye aangeleer word.
Gelyklopend hiermee is die toenemende belangrikheid van sogenaamde “masjienleer”. Operasionalisering (vir talle vreemd, omdat dit so nuut is) van nuwe tegnologie wat reeds kan werk, word vertraag vanweë ontoereikende vaardighede van die operateurs. Die verdere belemmerende aspek is dat skoolopleiding oorwegend ook nie bemagtigend genoeg is nie. Ons stuur dus af op 'n situasie van suboptimale benutting van tegnologie wat bewese produktiwiteitsverhoging tot gevolg kan hê, omdat vaardighede ontbreek.
Die landbou het juis in hierdie opsig 'n groot uitdaging. Nuwe tegnologie beïnvloed die sektor van plaas tot vurk, met al hoe groter klem op die noodsaaklik van aanpassings nog voordat die produk die plaashek verlaat.
Die uiteindelike gevolg van die tegnologiese ontwrigting van arbeidsmarkte is dat hoewel daar groot uitdagings is, baie nuwe moontlikhede ook op ontginning wag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie