Die verhaal van Miss H
Op ‘n dag in 2013 bevind die tromspeler Adam Brandon-Kirby hom by die Warehouse-teater in Windhoek saam met Heather Dennis op die verhoog.
Heather, oftewel Miss H, was toe al bekend in die musiekbedryf.
“Ek het pas uit ‘n ander groep gekom en ‘n tromspeler kan nie regtig op sy eie staan nie. Ek móés net saam met haar musiek maak. Sy was so goed, haar energie op die verhoog het my stomgeslaan,” vertel Adam.
Hy het net daar vir Heather genader.
Die twee het mettertyd die hulp van kitaarspeler Sean Mitchell ingeroep en dié trio stig die band Fate of Miss H.
Voete eerste spring hulle by Last Band Standing (LBS)-oudisies in. LBS was ‘n geleentheid van die Nasionale Teater van Namibië waartydens bands meegeding het en daar gestem is om die wenner te bepaal.
“Ons het twee dae voor die LBS-oudisies by die Warehouse op die verhoog geoefen, maar ons kon nie die volgende dag die teater kry om weer te oefen nie,” vertel Adam.
Die groep het toe vir Ramon Le Roux ingespan vir LBS voor hulle die derde ronde uitgeval het. “Dit was ’n third round knockout. Dit klink soos ‘n bokswedstryd, maar dis cooler as om te sê ons het verloor,” spot Adam.
Daarna is besluit dat Sean nie meer gepas is vir die groep nie. Sy opvolger was Jacques de Vries, maar die kombinasie wat klanke betref, het ook nie gewerk nie.
“Jacques het ‘n meer progressive metal-klank gehad. Hy was ‘n fantastiese instrumentalis en hy kon al hierdie wonderlike dinge doen. Hy kon ook verskriklik vinnig speel, maar dit was net nie ons klank nie. Hy het later besluit om die groep te verlaat.”
En toe is daar Conrad Hegarty.
“Dit is een van die redes hoekom ek teruggetrek het van Engeland af. Ek het gedink ‘ek is seker ek kan my weg in Fate of Miss H inpraat’,” spot Conrad.
“Ons was klaar baie goeie vriende. Ons het van kleins af in my garage gespeel en die bure en The Namibian-koerant wat naby my huis was, geïrriteer. Ons het reeds ‘n baie goeie band as musikante gehad,” sê Adam.
“Ek dink as jy in ‘n groep wil wees, vat dit tyd vir die ‘gom’ om te set en vir die musikante om soos een te klink.”
“Ek dink dit is die groot verskil tussen ‘n band en ‘n groep musikante. ‘ n Band is die sinergie en alchemie wat jy kry wanneer jy daardie spesifieke persone saam in ‘n vertrek sit,” sê Conrad.
“Ek het al saam met baie ander mense gespeel, maar dit is net nie dieselfde nie. Die gevoel wanneer ek met Adam, Llewellyn en Conrad op ‘n verhoog is, is die beste ding in my lewe,” sê Heather, die voorsanger.
Desert Tavern op Swakopmund is vol Fate of Miss H-staaltjies.
Fate of Miss H se eerste T-hemp is by die kroeg opgehang. Dis ook hier waar Heather en Conrad hul ewige verbintenis tot die band gemaak het - tatoes.
“Ek onthou hulle was besig om tatoes te doen by een van die tafels voor die verhoog. Ons was al twee platsak en leen toe geld by Adam en Ramon – die twee wat juis nié tatoes wou kry nie. Hulle was juis die twee in die groep wat besluit het om nie tattoos te kry nie,” vertel Conrad en Heather.
Sedertdien het Ramon koers gekies.
Llewellyn Annandale het in Januarie 2018 aangesluit.
“Ek is redelik jonger as die res van die groep en ek het op hoërskool na ‘n Fate of Miss H-konsert toe gegaan. Ek was ‘n groot blues-aanhanger en Heather kan blues sing soos niemand anders nie. Ek was baie beïndruk deur hulle.”
Toe Llewellyn ná ‘n paar jaar in Stellenbosch weer terugtrek Windhoek toe, het hy met Adam gesels en hy het vertel dat hulle ‘n nuwe baskitaarspeler soek. Llewellyn het in daardie stadium gewone kitaar gespeel.
“Ek het besluit om baskitaar te leer speel, want ek het geglo dit sal makliker wees omdat daar minder snare is. Ek was heeltemal verkeerd, maar so het my Fate of Miss H-droom waar geword.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie