Die verkiesing van 'n nuwe kaptein
Die verkiesing van 'n nuwe kaptein

Die verkiesing van 'n nuwe kaptein

Mandy Rittmann
DIE KAPTEINSRAAD VAN DIE REHOBOTH BASTER GEMEENTE SKRYF:

Die kantoor van die Rehoboth Baster Gemeente wil een en elk bedank vir al die positiewe terugvoering, ondersteuning en navrae wat tot hede ontvang was.

Dit is verblydend dat die tradisionele wet die afgelope weke die hoofonderwerp van bespreking is, en ons verwelkom dit. Dit is juis die fondament waarop die Kapteinskantoor staan, om sodoende die toekoms van ons nageslag te verseker.

Dit het onder die kantoor se aandag gekom dat misleidende en vals inligting die rondte doen, wat verband hou met die opvolgingsproses en prosedure vir die verkiesing van 'n kaptein. Deur middel van hierdie nuusverklaring wil die kantoor duidelikheid gee aan alle belanghebendes, sodat enige verwarring en moontlike misverstande uit die weg geruim kan word.



DAAR IS GEEN TUSSENTYDSE KAPTEIN

Ten eerstens wil die kantoor alle misleidende berigte in verband met die aanstelling van die sogenaamde “tussentydse Kaptein”, ene mnr. Martin Dentlinger, aanspreek, sodat duidelikheid verkry kan word.

Op 4 Oktober 2018 was mnr. Dentlinger skriftelik in kennis gestel dat sy aanstelling as “tussentydse Kaptein” herroep en opgeskort was, met onmiddellike effek. Hierdie besluit is bevestig deur 'n resolusie van die Kaptein en Raad op 2 November 2018.

Die kantoor stel dit duidelik dat mnr. Martin Dentlinger geensins aanspraak kan maak dat sy aanstelling as “tussentydse Kaptein” in werking getree het nie. Die Kaptein en Raad het dienooreenkomstig alle belanghebbende groepe waarmee die Kapteinskantoor saamgewerk het, ingelig van die ontheffing en opskorting van mnr. Dentlinger se posisie deur mediaverklarings uit te reik. Die versinsel dat mnr. Dentlinger huidiglik die “tussentydse Kaptein” is, het dus geen regsgronde nie.



DIE 'BURGERVOORSITTER'

Die kantoor versoek elke volksgenoot om versigtigheid aan die dag te lê teen 'n slaafse navolger van mnr. Dentlinger wat homself voorstel as die sogenaamde “burgervoorsitter”.

Hierdie individu is geensins binne die raamwerk van die Vaderlike Wet en of deur geregistreerde lede van die Gemeente verkies tot sodanige posisie nie. Ongeregistreerde individue (5 of 30) wie 'n byeenkoms bygewoon het of hom na bewering op sosiale media verkies het, kan nie sodanige ongeregistreerde persoon verkies nie.

Behalwe vir die onwettige verkiesing van die “burgervoorsitter” was die korrekte prosedure ook nie gevolg nie. Die sogenaamde verkiesingsprosedure is 'n absolute minagting van die tradisionele wet.

Behalwe dat hierdie individu 'n bespotting van homself maak, is dit ongevraagd dat hy geen respek vir 'n tradisie en tradisionele gebruike het nie en 'n bespotting daarvan maak.

Tydens 'n vorige gesprek het hierdie pastoor skaamteloos erken dat hy nie vertroud is met die inhoud van die Vaderlike Wet nie. Dit is duidelik dat sy gebrek aan kennis van die tradisionele wet uitgebuit word, of dat sy onkunde gebruik word om ongesonde doelwitte van andere te bereik.

Vir te lank is hierdie onding aangeblaas en aangemoedig en moet onmiddellik gestaak word.

As sulks verwerp die kantoor hierdie sogenaamde aanstellings van 'n "tussentydse Kaptein" en "Burgervoorsitter" met die minagting wat dit verdien.



ONGESONDE AMBISIE

Dreigemente, beledigende taal en verdagmaking teenoor ons ontslape leiers, ons oudstes, die huidige Kapteinsraad en ondersteuningspan is betreurenswaardig en getuig van swak etiket en integriteit.

Dit is jammer dat van hierdie voorstekoorsingers op plaaslike owerheidsvlak of tydens hul mandaattydperk van vyf jaar in die Kapteinskantoor of in die gemeenskap wat hul veronderstel is om te dien, geen impak kon maak of daadwerklike pogings aangewend het om 'n verskil te maak nie.

In plaas dat hulle hulself vertroud maak met die inhoud van die tradisionele wet in hul soeke na erkenning as tradisionele gesag, is haatspraak, beledigende taal en aanhitsing aan die orde van die dag. Vir evangelie predikers is sulke optrede betreurenswaardig.

Hierdie aanvalle, aanhitsing en haatspraak vir bykans twee jaar was te wagte, maar het die afgelope tyd in felheid vererger. Ongesonde ambisie, minagting van die tradisionele wet en onverdraagsaamheid teenoor andere se opinies is nie bevorderlik nie en deel beslis nie die visie van vorige ontslape leiers nie. Leierskap behels veel meer as sodanige skandelike gedrag.

Die opvolgingsproses en verkiesing moet in terme van die Vaderlike Wet (tradisionele wet) geskied en moet deur die Kapteinskantoor hanteer word. Die riglyne is duidelik vervat in die Vaderlike Wet.

Dieselfde wet wat die "tussentydse Kaptein" vir twee jaar sterk gepropageer het, is ook op hom van toepassing.

'n Kaptein word verkies deur die Gemeente in terme van die Vaderlike Wet en word nie aangestel deur 'n “reëling” waarna graag verwys word nie.

Elke belanghebbende wie die Vaderlike Wet respekteer, onderskryf en hulle met die Baster Gemeente assosieer, word versoek om hulself te registreer as kiesers om sodoende 'n sê te hê in die verkiesing van 'n Kaptein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!