Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hertel stembriewe
Augetto Graig - Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) doen vandag die hertelling van stembriewe in die streeksraadsverkiesing van 25 November 2020 in die Ndonga Linena kiesafdeling.
Die hertelling by die ECN-hoofkantoor in Windhoek volg nadat die verkiesingshof dié stap’n hofbevel gemaak het, ná 'n aansoek wat deur die All People’s Party (APP) ingedien is.
Die APP het bewyse ingedien van foute in die waarnemende beamptes se besluite oor geldigheid van stembriewe. Nadat die hof die ECN gedwing het om dié politieke party toegang tot die spesifieke stembriewe te gee, is besluit om al die betrokke bedorwe stembriewe vandag oor te tel.
Die hoofverkiesingsbeampte, mnr. Theo Mujoro, het gesê al die betrokke waarnemende beamptes is vandag in Windhoek teenwoordig vir die hertelproses. Hy beklemtoon ook dat die vier partye wat in die verkiesing meegeding het, almal na die hertelling genooi is. Afgesien van die APP het die Popular Democratic Movement (PDM), die Independent Patriot for Change (IPC) en die regerende Swapo ook deelgeneem.
Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, het voorheen gesê hulle verwerp die ECN se hertelling van die stembriewe en sal nie deelneem nie.
Beamptes van Swapo en ook die IPC was nie vanoggend by die ECN-hoofkantoor nie. Die media is net toegelaat totdat die telproses afgeskop het en is toe versoek om die gebou te verlaat.
Die ECN sal glo laat weet sodra hulle klaar getel het en wanneer die media oor die uitslag ingelig sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie