Die verlangse familietwis van Jood en Palestyn
Andrew Poolman – ’n Lae-intensiteit konflik waarvan eintlik min mense weet, heers die afgelope sowat drie jaar oor die beheer van ’n piepklein stukkie grondgebied in ons eie Eros.
Dit smeul nog nie soveel eeue as die ewige konfrontasie tussen Israel en die Palestyne nie, maar ek sien tog hier en daar ooreenkomste. Soos dat geeneen van die partye juis wil besgee of retireer nie, met ’n geskiedenis van mislukte onderhandelinge. En daai eerste instink waarsonder geen krygsgeneraal ’n tree na die oorlogsveld sal gee nie, naamlik: Die hele wêreld moet weet “óns is die goeie ouens”.
Hierdie strategiese ligging is amper so heilig soos die goue koepel in Jerusalem waaroor die twee grootste godsdienste ter wêreld (die Christendom en Islam) asook Judaïsme in ’n toutrekkery gewikkel is – al kan aangevoer word dat die Jode, die Palestyne en wie nog almal eintlik bloot verlangse familie is.
Die Eros-konflik flikker egter net in die wintermaande op en is gedurende die ander seisoene heeltemal dormant. Veral op koue oggende raak dit met tye amper hewig. Dis dan wanneer die stemme sodanig verhef word dat die bure ook hul nekke rek en ore spits en wil uitvind waaroor dit alles gaan.
Sien, ek gee glad nie om as die agterdeur van ons oopplan-kantoor die res van die jaar wawyd oop staan nie. Vars lug is altyd welkom en die pad kan oop bly vir die konstante stroom kollegas wat in en uit na die toegekende buitelug rookarea beweeg.
(Terloops, is daar nog iemand wat in 2021 rook?)
Ek sou tog reken daar sou ooreenstemming wees indien, soos algemeen met kantoordeure die geval is, ’n kennisgewing opgeplak word wat sê hou asseblief die deur toe vanweë die yskoue windjie wat inwaai.
Maar nee, almal moet mos inval by my buurvrou wat vyf treë aan my regterkant sit. Die een met die “stemtoon”; die een wat jou herinner aan die gesegde “die wielietjie wat die skreegeluide maak, is die een wat die olie kry”.
Sodra die kantoordeur vir drie-en-’n kwart minute toe was, dan hoor jy sy kla ons almal se asems en lyfreuke stink . . . kan ons nie bietjie vars lug kry nie?
En moenie dink kla oor die koue windjie maak enige verskil nie. Ons almal moet net nog meer warm klere aantrek, einde van die storie.
In vorige winters moes dit seker met tye komies gelyk het wanneer ons twee elke twee of drie minute opstaan om die deur (met ’n deurstopper) oop en toe en oop en toe te maak.
Selfs die middeweg dat die breedte van die deurstoppertjie al is wat die deur op ’n skreef oophou, is ook nie vir Madame aanvaarbaar nie. “Kan ons nou maar weer die deur bietjie oopmaak ...?”
Baie dae, soos ons Namibiese klimaat maar is, voel dit buite glad nie meer so koud soos vroegoggend sodra die son eers begin skyn nie. Maar hierdie agterdeur is onderdak en die windfaktor kom sny so laag bo die grond deur jou onderbene. Of laat jou vingers koud en styf oor die sleutelbord sukkel.
Eendag het ek uitgekuier geraak met buurvrou se snedige opmerking dat ek bloot kleinserig is. Sy het kortstondig tot haar sinne gekom toe ek vir die volgende twee-en-’n-half dae nie ’n woord met haar gepraat het nie.
’n Week of so gelede het ek gedink ek het ’n alternatiewe middeweg gevind. ’n Staalkas, so heuphoogte, staan halfpad tussen my werkstasie en die deur. Met ’n geruste hart het ek gedog ek kan dit in die pad van die windjie inskuif, maar lang storie kort, ’n derdeparty rokersgroepie het my verkla en die maatskappy se hoof van veiligheid- en gesondheidsake het my ’n boodskap gestuur om in my baan te bly.
Dankie dat jy my Ted Talk gelees het. Ek voorsien darem nie dat die konflik sal uitkring, of soos in Palestina vir geslagte sal voortduur nie. Ek reken ook nie dit sal die vlak van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering of selfs die ombudsman se kantoor bereik nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie