Die vermiste osp**p*l en saaidkatter
Ek kom gisteroggend houtgerus by die kantoor aan om ná ’n “ekstendit peeriot” van absensie by die werk my volle geskatte gewig van plus minus eenhonderd kilogram by Republikein in te gooi.
Vakansie hou het ’n wonderbaarlike uitwerking op ’n mens, maar ook ’n uiters lae en gemene streek om sekere dinge aan ’n mens se lyf te doen. Jou stres word minder, maar die tjoepie om die middellyf het die nare gewoonte om sy eie koers in te slaan en sy eie atmosfeer te ontwikkel.
Genadiglik is ek soos die een ou, Carlos, waarvan ek gehoor het, en was ek demokraties en vrywillig verplig om die hele vakansie toon te klap waar ek wou wees. Dapper-stapper het beslis gehelp om die ponde in toom en my letterlik en figuurlik op my tone te hou.
Maar dit nou daar gelaat. Ek kom ewe nonchalant by die offies aan en begin terstond ’n paar kollegas ewe beleefd groet en ’n wondelike 2020 toewens.
Drie draaie en ’n druk later word ek sonder omhaal terstond verduidelik van my SMN-skryfsel wat elfuur gereed by die sub moet lê.
Ek gaan flikvlooi eers met Karin (die subredakteur) om te sien of ek nie soos daai 25 kg-kabeljou in ’n vissermanstorie in een of ander obskure oog van die SMN-hoek kan loskom nie.
“Nee,” sê Brawe Daniëltjie van SMN-faam vir my, “bra jy sal moet skryf, want jy was mos op holliedy en moet baie idees in jou kop hê.”
So gesê, so gedaan.
Wat ek wel van my besoek aan ons geliefde weskus kan vertel, is dat dit deesdae ’n statussimbool is om veral jou roerende eiendom in ons mooi land te kan behou. Soos dit ’n gesoute dief betaam, steel die geslepe misdadiger nie net jou eiendom nie, maar ook ’n stukkie van jou siel en erfenis.
My visvangbelt, bykans nuwe Daiwa-katrol en saaidkatter is intussen by mense wat ek met my lewe vetrou, in Hentiesbaai geprivatiseer.
Genadiglik het die vark my visstok en ’n draadtang as troos vir my agtergelos. Dié ontdekking was nie aangenaam nie. Dit het meer gevoel of iemand in my onderbroeklaai en nog ’n paar ander plekke gekrap het.
Ek het twaalf jaar gelede in 2007 met groot liefde en sorg my eie visvangbelt (osp**p*l) uit leer gemaak wat nog van Pa Ponie van Lill uit die Namib kom. Hoewel die osp**p*l net ’n paar jaar oud was, dateer die leer uit die vroeë sewentigerjare van Saffier af waar ons geboer het.
’n Skerpbektangetjie van Pa Ponie wat deel van my visvang-gereedskap was, is nog ouer as die leer, maar die dief het dit goed gedink om dit ook deel van sy buit te maak. Die katrol wat ek in Desember 2007 in Tygervallei aangeskaf het, heg ek die minste sentimentele waarde aan, maar in harde kontant is dit ’n groot verlies.
Die meeste van dié tipe van eiendom wat gesteel word, glo ek word nie self deur die dief gebruik nie. My katrol pronk beslis iewers in Suid-Afrika of Namibië aan iemand se visstok. Hoe sal hy vir sy pelle van sy nuutgevonde geluk oor ’n glas vars brannas en kouk vertel het?
“Check hier ou Hennie, jy sal my nie glo nie. Ek was mos onlangs in Henties op vakansie, toe koop ek hierdie outjie vir ’n bargain by ’n ou in die straat!”
Ek sien hoe hy ingenome van oor tot oor smaail en sy pel met groot afguns die katrol besigtig. Ek meen wie sal nou só ’n bargain laat verbyglip as dit op vakansie deur ’n obskure vent aan jou gesmous word?
Die redenasie van baie mense is mos: As ék dit nie gaan koop nie, sal ’n ander ou dit wel by die vent koop.
So moedig te veel mense misdaad aan. Inteendeel, met die koop van gesteelde eiendom keur jy as mens misdaad goed.
Wat verbasend is, is dat die dief ’n draadtang van my pa en my seuns se katrolle en stokke gelos het. Dankie vir die wonderlike gebaar van jou.
My wens aan ieder en elk is om ’n voorspoedige, gesonde en liefdevolle 2020 te ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie