Die verskil tussen phishing, vishing en smishing
Nuwe navorsing wys meer as die helfte van die bruto verlies in die bankbedryf vind weens aanlyn misdaad plaas.
Jy het waarskynlik al gehoor van phishing, oftewel e-posse waarin booswigte hulle voordoen as 'n regmatige persoon of instansie, maar met die eintlike doel om jou geheime wagwoorde te bekom.
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku egter dat sulke uitvissingsboodskappe geensins die enigste manier is waarop misdadigers digitale tegnologie inspan om bankbedrog te pleeg nie.
Nuwe navorsing deur Sabric wys dat meer as die helfte van die bruto verlies weens misdaad in die bankbedryf aanlyn plaasvind.
“Bruto verlies” is 'n term wat verwys na die totale verlies vir die kliënt sowel as die bank.
Derhalwe sluit dit gevalle in waar die bank die kliënt se geld terugbetaal het.
Hoewel uitvissingsboodskappe welbekend is, is baie Suid-Afrikaners nie bewus van sogenaamde vishing en smishing nie, waarsku Sabric.
Wat is die verskil tussen phishing, vishing en smishing?
Phishing , oftewel uitvissingsboodskappe, is waar 'n persoon 'n e-pos ontvang, skynbaar van 'n regmatige organisasie soos 'n bank, waarin gevra word hy moet sensitiewe inligting “bevestig”.
Sodra daar op die skakel in die e-pos geklik word, word die persoon na 'n vervalste blad herlei wat nes die ware jakob lyk.
Die doel van phishing is om die gebruiker se aanmeldbesonderhede te bekom.
Vishing is wanneer die bedrieër sy of haar slagoffer bel en hulself voordoen as 'n amptenaar van byvoorbeeld 'n bank of ander diensverskaffer.
Die boef manipuleer die slagoffer om vertroulike inligting te openbaar.
Dié besonderhede word dan gebruik om die slagoffer te bedrieg of te besteel.
Smishing verwys na sogenaamde SMS-phishing. Dit is wanneer 'n bedrieër sy slagoffer probeer paai om vertroulike inligting per SMS te verskaf.
Dit is ook wanneer 'n skelm sy slagoffer paai om op 'n skakel in 'n SMS te kliek wat dan indringerware op sy selfoon aflaai. - Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie