Die verskil tussen plaashek- en verbruikerspryse
Die verskil tussen plaashek- en verbruikerspryse

Die verskil tussen plaashek- en verbruikerspryse

Stygende marges wek kommer
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Die onlangse begroting se impak is op allerlei maniere ontleed – hoeveel duurder dit kan kos om vriende met vleisbraai te onthaal, is ook bespreek.

Die sogenaamde “sondebelasting” het nie noodwendig 'n groot gaping gelaat nie, maar wat veral onder bespreking is, is wat dit kos om 'n vleisie op die vuur te kry.

Hoekom is vleis duurder terwyl ons daagliks van dalende vleispryse hoor as gevolg van 'n dalende vraag daarna?

Baie keer maak mense verkeerdelik afleidings as die prys van 'n biefstuk vergelyk word met dit wat die boer daarvoor betaal word. Dit is derhalwe noodsaaklik dat die sogenaamde bemarkingsmarge van nader bekyk word.



BEMARKINGSMARGE

Die Nasionale Bemarkingsraad se mees onlangse verslag belig die verloop van dié marge en die sogenaamde produsente-aandeel in die verbruikersrand.

Per definisie is die bemarkingsmarge die verskil tussen wat die verbruiker betaal en die waarde van die plaasproduk wat gebruik is daarvoor. Dié marge meet die gekombineerde bydrae van verwerking, distribusie, groothandel en kleinhandel in die transformasie van die plaasproduk tot finale vraag-produkte.

Hierdie marge verander om vele redes en dit is veral belangrik om te let op die oneweredigheid van veranderings op plaasvlak en wat die verbruiker betaal.

Indien bestaande dienste – die oorsaak van die marge – duurder word, word die grootste deel daarvan gewoonlik deurgegee na die boer sodat plaashekpryse proporsioneel meer daal as wat verbruikerspryse styg.

Daar is ook beduidende verskille in die spoed waarteen prysveranderings deurgegee word aan die verbruiker. Stygende plaashekpryse lei gouer tot hoër verbruikerspryse as wat dalende plaashekpryse ligter is op die verbruiker se beursie.



BEESKARKASSAMESTELLING

Ten einde beter begrip te kry oor die werklike drywers van prysveranderings, moet die samestelling van wat byvoorbeeld gemeet word in die geval van 'n beeskarkas ontleed word.

Daar word aanvaar dat 'n A2/A3-­karkas gemiddeld 220 kg weeg. Hiervan is 42.24 kg sogenaamde afval in die vorm van vet, niere en bene. Vir die res word aanvaar dat 2,47% kruisskyf, T-beenstukke 3,64%, maalvleis 11,36%, stowevleis 31,82%, voorkwart 18,02%, lende 2,15%, fillet 1,15% en borsstuk 7,54% is. Dit is sowat 78,2% van die karkas van 220 kg en wat gemeet word of kan word op verbruikersvlak waar die verskillende snitte verskillende pryse behaal.

Die jongste veranderings in die bemarkingsmarge vir die kwartaal tot Januarie vanjaar toon interessante tendense, aldus die Nasionale Bemarkingsraad.

In die geval van A2/A3-beesvleis het die marge vir die karkas 12.5% toegeneem en die plaaswaarde afgeneem met 8,5% tot 48% van die verbuikersrand. Op 'n jaargrondslag het die marge met 9,6% gestyg en die plaaswaarde met 11,3% gedaal.

In die geval van A2/A3-lam het die marge met 10,7% toegeneem en plaaswaarde afgeneem met 9,1%, wat die produsente-aandeel in Januarie vanjaar op 46,5% gebring het.

Wat hoender betref, was die veranderings minder. Vars hoender se marge het in die vierde kwartaal tot Januarie toegeneem met 9,3%, maar die plaaswaarde het met slegs 4,6% gedaal, wat die produsente-aandeel op 53,5% te staan gebring het.

In die geval van grane is veranderings vergelykbaar. Die marge vir Super-­mieliemeel (5 kg-verpakking) het met 12,2% toegeneem in die kwartaal tot Januarie 2019, met die produsente-aandeel op 48%. Op 'n jaarbasis het die marge egter met byna 32% afgeneem. Daar moet wel in gedagte gehou word dat slegs 62.5% van elke ton mielies as Super-mieliemeel onttrek kan word.

Koring is op die oomblik 'n kopseer omdat al hoe meer van die plaaslike behoeftes ingevoer moet word.

Produsente-aandeel vir bruin- en witbrood was in Januarie vanjaar onderskeidelik 17,4% en 17,8%. Die marge in die geval van bruinbrood in meelformaat was in Januarie 2019 bykans R21 000 per ton en dié van witbrood ongeveer R600 per ton meer, met minder as 4% beweging jaar op jaar.

Die verbruikersprys van brood word onder meer gebaseer op die aantal snye per ton. Die Bemarkingsraad werk op 2 095 snye bruinbrood en 1 996 snye witbrood per ton. Die prys van brood is dus sterk onder die vergrootglas, want invoerafhanklikheid kan 'n groter kopseer word met onstabiele wisselkoerse.



TWEESNYDENDE SWAARD

Met dalende produsente-aandeel as gevolg van die styging in marges is dit 'n tweesnydende swaard.

In die eerste plek daal plaashekpryse en dit kan produksie ontmoedig, maar wat meer kommer wek, is wanneer stygende marges verbruikerspryse laat toeneem.

Sulke toenames kan verbruik onbekostigbaar maak en laer vraag kan lei tot 'n ooraanbod, al verminder uitsette op plaasvlak. Verbruikers kan baie vinnig aanpas, maar in die geval van produsente neem dit langer. Die rede daarvoor is omdat hulpbronne lank vooruit verbind of verminder word.

As beesboere besluit het om meer koeie te laat kalf op grond van goeie weiding en prysvooruitsigte, het hulle ná maande eers 'n verkoopbare produk – speenkalf. Indien toestande inmiddels verander (pryse daal en dit reën nie), kan dié proses nie gestop of omgekeer word nie.

Die boer as prysnemer is dan die slagoffer in die vorm van dalende pryse.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!