Die visserman
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Gehard, gesout, ervare.
Die see vloei deur sy are.
Wind en weer deurdruis.
Viswaters deurkruis.
Ooskus na die weskus.
Maanskyn en suiderkruis.
Saam met die suidweste wind.
Tot waar ons die sardyn vind.
Daar waar die seevoëls duik.
. . . die vis is hier dik . . .
"etterdik", skep op jou bang ding.
Dekvrag vol, ons loop huistoe.
Snoektyd. Sardyntyd.
Rietmandjies vol vis en kuite.
Vars bakbrood vroeë môre.
Danke Vader, U het gesorg . . .
Opgedra aan my Pa en Oupa: Paul Nicolaas Adonis
"'You walk in the street. Never greet. . .'"
Gehard, gesout, ervare.
Die see vloei deur sy are.
Wind en weer deurdruis.
Viswaters deurkruis.
Ooskus na die weskus.
Maanskyn en suiderkruis.
Saam met die suidweste wind.
Tot waar ons die sardyn vind.
Daar waar die seevoëls duik.
. . . die vis is hier dik . . .
"etterdik", skep op jou bang ding.
Dekvrag vol, ons loop huistoe.
Snoektyd. Sardyntyd.
Rietmandjies vol vis en kuite.
Vars bakbrood vroeë môre.
Danke Vader, U het gesorg . . .
Opgedra aan my Pa en Oupa: Paul Nicolaas Adonis
"'You walk in the street. Never greet. . .'"
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie