Die voete van my
Dani Booysen
Suster Elvira en broer Chris het die ander dag ‘n tweede godsgawe ryker geword.
Op Facebook pryk ‘n manjefieke foto van klein Christo se babavoetjies.
En net daar dans die lirieke van David Kramer se liedjie “Hanne” parmantig in van links, op ‘n verhoog van wat voor dit ‘n redelik swaarmoedige môre was.
Kyk die hanne die
die twee hanne van my . . .
En twee voete, het ons mensegoed ôk.*
Nou sal sommige dalk vra: Waffer vannie voorbene offie agterbene issie belangrikste?
Die pen, nie net Willem Wikkelspies s’n nie, is glo magtiger as die swaard.
Kishou! skree jy op die tennisbaan.
Slam n dunk, is ‘n toertjie op die basketbalbaan.
Ma’ kyk die voete ook
die twee voete van my . . .
Pale toe, pale toe.
Laduuuuuma!
In skopboks kan jy ‘n opponent uitknikker met die toon.
G’n mens weet by geboorte (en vir lang tye, of self vir altyd daarná) op waffer paadjies die toekomsveld jou gaan lei nie. Ook nie vir waffer dinge jou hanne op daai ops en afs vannie high roads ennie low roads sal moet reg staan nie.
Hanne vir opsteek in die klas. “Juffrou, juffrou, ek weet!” Vir groet, waai, onderstreep, koester en streel.
Ander dinge is, tot dit gebeur, ongekend. Onbedoeld. Onbestemd.
Is ons grootmense (nevermaaind die kinders) dalk te dikwels te groot vir ons skoene?
Niks om daardie valsheid weg te vee nie soos die troetel en aai van ‘n nuwe mensie se voetjies, handjies en lyfie.
Ons knaap dra ‘n nommer 11. In graad 8; die ou standerd 6.
Nes hy, sal jy, klein Christo, soos ons almal ook eendag na jonger dae se lekkerkry terugdink en verlang.
Maar onthou ook vir Pelé, Maradona, Roger Milla en Naas Botha.
Die voete raak oud, ma’ daar’s nog nie fout
met die voete van ‘n ouman ja-nee
Die lewe dwings ons soms onvermydelik ook om dinge te leer waarvan ons eintlik niks wil weet niee. Van hulle is daar baie.
Doodskopvoete die, kan ook loop na die kerk . . .
Maar, hoe swaar ook al, kan die geloof en die hoop en die liefde ons altyd aan groener walle bring.
Kyk die voete die, hulle’t te lank geloep
die voete is hard, ma’ die voete kan klap
Die voete van ‘n ouman ja-nee
Christo, dankie dat ons jou kan leen as ‘n beeld vir ons almal.
En mag ieder en elk, geseën met godsgawes soos jy óf nie, met palms vol geld of skurf en dolleeg, immer ‘n lewe van nederigheid en onophoudelik leer, leef.
Maak nie saak wat jou hande, voete en verstand eendag gaan doen nie – maak seker dis gatskop!
* Baie mense doen met een arm, been, voet of hand oneindig méér as wat sommige ander hul op roem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie