Die volgende krisis staan in die VSA se opritte
Gelok deur laer rentekoerse, lae brandstofpryse en 'n aanbod van baie aanloklike voertuie wat vinniger, slimmer en meer doeltref
Moet egter nie mislei word deur die blink toebehore nie, spoggerige rygoed word grootliks deur skuld gefinansier.
Amerika se motorskuld het in die vierde kwartaal van 2016 'n rekordvlak bereik, volgens die Federale Reserweraad (Fed) in New York.
'n Stormloop van motoraankope einde verlede jaar het voertuiglenings tot 'n nuwe hoogtepunt van US$1 160 miljard opgestoot.
Die aptyt vir nuwe motors strek van Subaru's in Maine tot Teslas in San Francisco – en saam met die reuk van nuwe motors kom 'n nuwe reeks kwellings oor die yslike motorskuld.
Kenners waarsku dat 'n nuwe kredietborrel vir die VSA aan die kom is. Dié hoop skuld sal die koste van 43,4 miljoen Ford F-150 bakkies dek. Dis een Ford-bakkie vir elke agt mense in die VSA.
Nóg 'n manier om daarna te kyk, is dat elke bestuurder met 'n geldige rybewys in die VSA gemiddeld US$6 100 op hul motors skuld.
Maar die motormark is nie dieselfde as die huismark nie. Een verskil is dat voertuie 'n beweeglike bate is wat makliker is om terug te neem en te herverkoop. Daarby is motorpaaiemente meestal goedkoper as huislenings. Mense gebruik hul voertuie baie, so hulle is meer geneig om die terugbetaling van die motorpaaiement te prioritiseer.
Agterstallige betalings op voertuigfinansiering is steeds laer as laat betalings van studielenings en kredietkaartpaaiemente, maar voertuigskuld is wel aan die styg.
Motorvervaardigers stoot verkope
Die uitvoerende hoofde van motormaatskappye behoort egter bekommerd te wees. Behalwe vir 'n paar uitsonderings, is dit meestal die motorvervaardigers wat geld aan die mees riskante kopers leen. Motorvervaardigers het meer rede om 'n verkooptransaksie te stoot, en anders as 'n bank, maak hulle geld op sowel die lening as die produk – as alles reg uitwerk. Motorvervaardigers het onlangs daarop gekonsentreer om sportnutsvoertuie en bakkies verkoop te kry. Dié produkte se winsmarges is hoër as die gewone sedanmotors en hulle is ook duurder.
Deur kredietstandaarde 'n bietjie te verslap en die tydperke vir terugbetalings 'n bietjie te rek – soms tot ses of sewe jaar – is motorverkope tot rekordvlakke gedryf, met 17,55 miljoen voertuigverkope wat verlede jaar aangeteken is. Die probleem is dat baie van die eienaars se kredietrekord nie so blink soos hul motors is nie. Motormaatskappye en hul finansieringseenhede onderskryf tot driekwart van die motorlenings wat na sogenaamde subprima-kopers gaan – dis nou diegene met 'n swak kredietrekord. Soos wat wanbetalings toeneem, sal hierdie motormaatskappye die eerstes wees om die inploffing te voel.
Die Fed sê onlangse wanbetalings slaan die voertuigvervaardigers buitengewoon hard, terwyl banke en kredietverskaffers weer 'n verbetering in hul terugbetalingsdata sien.
Met ander woorde, elke keer dat 'n handelaar iemand ompraat om 'n spoggerige sportnutsvoertuig te koop, het hulle iets gemeen met die koper – albei van hulle kan dalk later vir die gelag betaal. -Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie