Die ware betekenis van nulbasis-begrotings
Ou planne sal nie vir heropbou deug
Dr. Kobus Laubscher - Dit is verblydend dat regerings besef die voorkoming en bestuur van die verspreiding van die coronavirus is deel van ’n proses.
Namate groter ag geslaan word op die werklike waarde van wat modelle wyse die moontlike uitkomste van die verloop van die pandemie gaan wees omdat nuwe data nuwe oplossings genereer, neem regerings meer risiko’s.
Dit is al hoe duideliker dat postpandemie-beleid ‘n ander soort aanspraak maak op diegene wat na die heropbou moet omsien.
Vroeë aanduidings is dat te midde van betekenisvolle inkrimping van die ekonomie met ongekende omvang, is die goeie vertoning van die landbousektor ’n buitengewone anker. ’n Byna rekord somergraanoes slaan nie net die spook van voedselonsekerheid dood nie, maar verhoed invoerete midde van ‘n baie weerbare wisselkoers en gee kos oor grense heen. Dieselfde swakker geldeenheid gee uitvoere van vrugte die nodige stukrag en verminder die afhanklikheid van die staat vir hulp. Trouens, enige hulp van die staat sal die nodige hefboom verskaf vir bedrywe wat bedrewe was in die regte kanalisering van uitvoere en om steeds aan die binnelandse vraag te voldoen.
Daar is dus goeie gronde vir van die ekonomiese vooruitsigte van ’n verstadiging van die huidige en verwagte resessionêre ekonomie.
Daar word op grond van positiewe verwikkelinge ‘n sterk saak uitgemaak ten gunste van moontlike skerp V-vormige herstel, selfs voor die einde van 2020. Andersyds moet daar ook aanvaar word dat die ontwrigting van die grendeltyd sistemiese vertraging tot gevolg gehad het en dié ratte moet losgemaak word. Boere sal egter verstaan dat vir die ratkas om ná herstel weer te kan werk, daar nuwe olie nodig is. Die vraag wat bykom is of, en in watter kapasiteit, só ‘n ratkas nog werklik nodig is. Dit is wanneer ‘n zerobasis-benadering moet inskop.
Wat op die oomblik pla, is die afwesigheid van werklik nuut te dink en om te begin werk asof daar niks werkend op die tafel oor is nie. Dié benadering handel met of daar enige bestaansregverdiging vir enige aksie is. So byvoorbeeld is dit gemene saak dat die coronavirus ook voordele inhou, naamlik om ondubbelsinnig te kon uitwys armoede-uitwissinng en werklike ontwikkeling is ‘n waan en niks meer nie.
Ons is gelei om te glo dat die meeste ingrypings werk en ‘n verskil maak, maar die praktyk het anders bewys. Daar is groot gewag gemaak van ‘n nuwe vermoë om korrupsielekkasies te stop, maar selfs tydens die huidige noodverligting is getoon sulke gate bestaan nog of kan maklik geskep word. Daar is voldoende bewys van die sistemies aard van korrupsie.
Terug by landbou is die beloftes en pogings ten opsigte van heropbou lofwaardig, maar daar is voorbehoude. Dit sou verder ‘n growwe denkfout wees om te argumenteer dat ou planne net afgestof kan word om as oplossing aangebied te word. Beter grimering sal dalk ou merke toemaak, maar meer as kosmetiek sal nodig wees.
Die pandemie het baie gate uitgewys binne die kosstelsel en erkenning van wat werk moet nie bloot aanvaar word as synde voldoende herskikking nie. Fundamentele en diepsnydende ontledings sal die basis moet wees.
Die fiskale uitdaging is nie om beter te kan balanseer nie, maar of uitgawes werklik nodig is. Dié besinning is al beskryf as sogenaamde herontwerp en beskou enige toekomstige handelinge op grond van wat reeds bekend is en hoe dit aangepas moet word. Die geskiedenis sal leer hoe dapper die betrokke leiers was.
Op praktiese vlak kan dit vergelyk word met my ervaring op die plaas. Elke keer as die veld herstel het ná ‘n uitgerekte droogte, het my pa my gewys op wat saak maak tussen die wuiwende gras.
Steekgras maak die grond wel toe en het ‘n funksie, maar is anders as meerjarige polgras. Op die oog af lyk alles mooi en reg, maar die vlak van volhoubare weiding bly setel in die polgras. Steekgras is wel nuttige grondbedekking vir wanneer die nuwe seisoen se reën kom, maar kan nie bydra tot die voedingsbehoeftes.
Behoorlike ná-droogte veldherstel word ontwikkel met die polgrasbedekking in gedagte. Landbou se polgrasbedekking moet nou die maatstaf word om blywend ‘n bydrae te kan maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie