Die ware helde
Ons loop daagliks verby hulle, groet hulle half aan die slaap, ry in die verkeer verby hulle, staar soos zombies in winkels reg deur hulle sonder om hulle raak te sien . . .
Ware helde is oral om ons.
Ek praat nie van daai ou wat vir almal wat wil hoor of nie wil hoor nie loop en vertel hoe wonderlik talentvol hy is nie.
Ek praat nie van die soveelste Afrikaner-tannie met haar Pretoria-hare en kombinasienaam wat ’n CD op die rakke het nie.
Dit verkoop nie juis nie, maar net om haar naam op die rakke te sien, laat haar baie belangrik voel.
Ek praat nie van daai ou in die gym wie se spiere spiere het nie.
Ek praat ook nie van daai pa wat gereeld onderhoud betaal of doeke omruil en dink dit maak van hom ’n held nie. Dit ís sy plig, after all.
Ek praat ook nie van die opgevoede, selfvoldane meneer wat lekkerkry as hy sien die kelner verstaan nie wat hy vra nie.
Ek praat van daai helde wat nie erkenning vra nie, wat nie eintlik omgee of hulle raakgesien word nie, want hul heldedade haal nie die gewone narcissis-neste soos die vermaakbedryf, die regswêreld, bestuursposte, die joernalistiek of operasiesale nie.
Ware helde is gewone mense in gewone oomblikke.
Soos daai ouma wat ter wille van haar verhouding met haar seun maar stilbly oor haar skoondogter se onbeholpenheid met die baba. Dis nie vir haar maklik nie, maar liefde laat haar stilbly wanneer sy eintlik wil skree.
Dís heldhaftig.
Daai ma wat nagte om sit met n siek kind en steeds werk toe gaan sonder om te moan, steeds meelewend is en opreg in ander belangstel. Sy is ’n held.
Die pa van die seun wat weier om gedrukkie te word wanneer sy pa hom by die skool aflaai. “Lief vir jou seun,” klop hy die geïrriteerde kind dan maar op die skouer. Ten minste weet sy kind hy's lief vir hom. Daai pa stap elke oggend met ’n knop in sy keel by die werk in. Daai pa is ’n held.
Ook die pa wat wéér nie sy gebreekte tand gaan fix nie, maar eerder sy drie kinders se skoolgeld betaal, is ’n held.
Die Duitse tannie wat soggens met haar drie Duitse herdershonde gaan stap en al die pad liefdevol met hulle gesels, die ou by die tyre-plek wat eerlik vir my sê ek het nie regtig nuwe bande nodig nie, die wag voor een of ander ambassade in Jan Jonkerweg wat élke dag vir élke kar waai – daai mense is helde.
Die bouer wat ondanks ’n hittegolf aanhou bou, die swanger vrou wat ten spyte van haar baas se misnoeë met haar swangerskap haar boepie met trots dra, die man wat éérs van sy vrou skei voor hy ’n nuwe verhouding aanknoop - hulle is helde.
Die radiografis wat niks oor jou fake boobs sê nie, die tandarts wat niks oor jou knoffelasem sê nie, die winkelassistente wat almal steeds vriendelik "meneer" en "mevrou", selfs al is meneer ’n dr*l en mevrou ’n teef – hulle verdien medaljes.
Daai kollega wat nooit sy eie beuel blaas nie, maar dag in, dag uit, eenvoudig aanhou sweet en sy bes probeer. Hy is ’n held.
Ek besef elk van dié gevalle is debatteerbaar, en elkeen van ons se definisie van ’n held verskil, maar vir hierdie helde wil ek sê: “I see you.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie