Die Warrior-groep na Duitsland

TWEE nuwelinge is ingesluit in die Brave Warriors oefengroep wat vandag na Duitsland vertrek om voor te berei vir die 2008 Afrika Nasiebekertoernooi in Ghana. Luther Kanalelo het sy plek in die toergroep oopgespeel danksy 'n vyfster vertoning tydens First National Bank se bekertoernooi waar hy as die voorste speler van die reeks gekies is. Kanalelo is een van die mees bestendige spelers in Namibie en op die 20-jarige wag 'n rooskleurige toekoms.

Die ander jongman wat die nasionale keurders oortuig het dat hy die bal aan die rol kan sit is Tangeni Shipahu van Tigers. Hy het verlede Woensdag 'n briljante wedstryd teen Ramblers gespeel en was vir 90 minute 'n doring in die vlees. Twee manne wat ongelukkig is om nie sneeuballe in Duitsland te gaan maak nie is Jamunovandu Ngatjizeko en Tara Katupos. Jamu en Tara sukkel onderskeidelik met lastige knie- en enkelbeserings.

Daar sal meestal binnenshuise oefensessies gehou word omdat die winter erg koud in Duitsland is. Sommige van die beroepspelers, veral diegene in Suid-Afrika, sal op 27 Desember met die Warriors se terugkeer by die oefenkamp aansluit. Intussen het die afrigter, Ben Bamfuchile, vinnig 'n draai in Windhoek gemaak om die spelers alle sterkte toe te wens en ook 'n paar privaat sake agter die rug te kry.

Big Ben keer vandag terug na Lusaka waar hy die Kersseisoen met sy familie gaan deurbring. Indien sy gesondheid dit toelaat, keer hy einde vandeesmaand terug.

Die res van die toergroep is: Athiel Mbaha, Maxmillan Mbaeva, Michael Pienaar, Franklin April, Gotlieb Nakuta, Coos Katjihukua, Jeremias Baisako, Luther Ka-nalelo, Oliver Risser, QuintonJacobs, Tulongeni Tuyeni, Pineas Jacob, Rudolf Bester, Muna Katupose, Collin Benjamin, Reinhold An- dimba, Abraham Shitume, Brian Brendell, Tangeni Shipau. Die beamptes is Arie Schans (afrigter), Brian Isaacs (hulpafrigter), Ronny Kanalelo (hulpafrigter), Kornelius Kapenda (missiehoof), Tim Isaacs (spanbestuurder) en Gerson Kandjii (noodhulp).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!