Die waterkrisis en goeie bestuur
Waterbestuur is en bly ’n groot uitdaging. Dit is en bly noodsaaklik om doeltreffende waterbestuur op alle vlakke toe te pas.
Tans lewer NamWater weekliks 200 000 kubieke meter water aan Windhoek. Lewering deur boorgate en die herwinningsaanleg (WINGOC) is min of meer gelykstaande hieraan.
WINGOC het in die verlede gewys dat die aanleg onder ideale waterkwaliteitsomstandighede sy lewering met 25% kan verhoog. Sulke omstandighede is moeilik om te verseker, dus is herwinning ’n goeie waterbron, maar optimale lewering kan nie verseker word nie.
Dit gaan goed met die ontwikkeling van nuwe boorgate en hierdie bron gaan meer noodsaaklik word as ooit. Sodra die nuwe ontwikkeling voltooi is, kan dit in die krisisperiode 50% meer water uit hierdie bron verseker. Sodra enige faktore egter hierdie lewering verminder, is daar onmiddellik vir almal minder water beskikbaar.
Onder ideale omstandighede kan daar ’n tekort van 15% ontstaan, wat in die geval van tegniese probleme selfs groter sal wees.
Om minder water te gebruik, bly dus noodsaaklik. Die stad moet die 40% besparingsvlak bereik om nie die ongerief van tekorte te ervaar nie.
Die waterverbruikpatroon van 2015 is baie dieselfde as die van 2016. Die verskil is dat ons gemiddeld reeds weekliks 100 000 kubieke meter minder water gebruik.
DIE GEVAAR EN UITDAGING
Windhoek gebruik steeds meer water gedurende die wintermaande as wat ons beskikbaarheidsdoelwit is.
In die droë seisoen mag ons nie meer water gebruik nie. Sodoende gaan tuine meer ly gedurende die komende somermaande.
Wat word tans gedoen?
• Huishoudings wat meer as 40 kiloliter per maand gebruik, se water word afgesny. Hopelik sal dit die nodige besparing teweeg bring.
• Plekke wat water vermors, se water sal afgesny word.
Wat sal die volgende stap wees as dit nie genoeg is nie?
• Huishoudelike verbruik sal verder tot 30 kiloliter per maand verminder word.
• Indien dit nie genoegsaam nie, sal besighede se besparingsteikens verhoog word. Dit is egter ’n moeisame proses.
Hoekom word die instelling van beurtwater nie tans oorweeg nie?
Daar is baie noodsaaklike dienste in Windhoek wat wyd oor die stad versprei is. Hierdie dienste benodig almal water.
Die munisipaliteit wil die impak op die sakesektor tot die minimum beperk. Die verdeling van water is ook baie moeilik sodra beurte vir gebruik ingestel word. Tegniese probleme met voorsiening moet ten alle tye vermy word. Daarom is beurtwater nie ’n opsie nie.
Volgende week fokus ons opnuut op besparingsmetodes en reënwatertenks. Dit is skrikwekkend dat huishoudings sonder tuine steeds meer as drie kiloliter per maand gebruik.
As almal saamwerk om water te spaar en om watermeters te bestuur, is daar genoeg water vir almal.
* Bydrae verskaf deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie