Die waterkrisis en gryswater
Hoekom is die hergebruik van gryswater nie toelaatbaar gedurende ’n waterkrisis nie? Wat is die verskil tussen gryswater en om spoelwater in die tuin te gebruik? Hoekom kan huishoudings nie halfgesuiwerde water bekom nie?
Hierdie vrae oor die hergebruik van water is belangrik omdat ons in hierdie opsig ’n groot besparing kan verwesentlik. Die toekoms vir Namibië is om water te suiwer en weer te gebruik.
Belangrik: Die verbruiker koop nie water nie, maar die dienste vir die gebruik van water. Water is ’n nasionale produk en bate en behoort aan die staat. Dit gee ’n nuwe perspektief op water.
SOORTE GESUIWERDE WATER
Daar is verskeie vlakke vir die suiwering van water en dus die hergebruik van water. Hierdie beginsel vereis ’n bepaalde bestuurskonsep wat die ekonomie en beskikbaarheid direk beïnvloed. Kom ons kyk na die verskillende hergebruikkonsepte, ingedeel volgens koste en kompleksiteit:
1. Direkte hergebruik van water: Geen behandeling nie, word direk vir beperkte hergebruik geïmplementeer. Verbruikersdissipline en evaluering word vereis. Toelaatbaar in Windhoek.
2. Gryswater: Beperkte filtrasie en behandeling, beperkte hergebruikmoontlikhede, vereis dissipline in die bestuur en gebruik van spoelwater. Nie in Windhoek toelaatbaar nie, maar geskik vir landelike gebruik en op dorpe. Indien goed bestuur, geskik vir groente. (Vermy chemikalieë en gebruik biologiese sepe, haarwasmiddels en skoonmaakmiddels.)
3. Nywerheidswater vir hergebruik: Vereis filtrasie en beperkte behandeling volgens gebruik en chemiese belasting. Vereis registrasie and toestemming van die wateringeneursafdeling.
4. Swartwater: aerobiese en anaerobiese behandeling en filtrasie word vereis. Waterkwaliteit moet aan die nasionale kwaliteitsvereiste voldoen. Nie geskik vir groente nie.
5. Halfgesuiwerde water: hierdie water word soos swartwater behandel en moet aan die nasionale kwaliteitsvereiste voldoen. Die water kan nog verder gesuiwer word, soos in Windhoek, en moet met chloor behandel word. Hergebruik vereis gedissiplineerde bestuur.
6. Herwinning van water vir menslike gebruik: Dit is ’n verdere dissipline van watersuiwering ná die halfgesuiwerde proses en vereis verskeie skoonmaakprosesse. Hier verwys ons na die WINGOC-waterherwinningsfasiliteit.
PERKE OP GRYSWATER
Hoekom word gryswaterstelsels nie in Windhoek toegelaat nie?
• Die munisipaliteit van Windhoek het die geld van Windhoek se inwoners gebruik om die infrastruktuur vir halfgesuiwerde water en die WINGOC-waterherwinningsfasiliteit te bou. Veral gedurende ’n waterskaarste bestaan die gevaar dat gryswaterstelsels te veel water uit die rioolstelsel kan onttrek en twee waterherwinningstelsels sodoende nie voldoende water sal ontvang nie.
• Die rioolkonsentraat vergroot en sodoende sal die bestaande rioolaanleg nie meer die vereiste waterkwaliteit lewer om WINGOC van goeie water te voorsien nie.
• Indien ’n hoër konsentraat en hoër waterafloop in die rioolstelsel vloei, kan dit verstoppings en ’n groter verweringseffek op die rioolstelsel veroorsaak.
Hoekom wil Windhoek nie gryswaterstelsels ondersteun nie?
Wat is ’n gryswaterstelsel eintlik? Dit is ’n afsonderlike waterstelsel wat geen toiletwater en kombuiswater mag ontvang nie. Die gryswaterstelsel bestaan hoofsaaklik uit ’n filter- en behandelingstelsel om dan water wat op beperkte wyse gesuiwer is vir hergebruik te stoor. Die grootste fout wat gemaak word, is om vuil water te stoor. Die stoor van vuil water moet vermy word. Gryswaterstelsels (nie toelaatbaar vir huishoudings nie) moet aan die nasionale kwaliteitstandaarde voldoen.
Daarom moet gryswaterstelsels geregistreer word.
GEVARE
Wat is die gevaar van onvoldoende filtrasie en behandeling?
Sepe en olies word deur die grond opgeneem. Sekere onsuiwerhede kan deur bakterie afgebreek word, maar ongelukkig is die afbreekproses met behulp van bakterie beperk tot sekere materiale, vog en die leeftyd van bakterie.
Die gefiltreerde materiaal in die grond maak die grond oor ’n tydperk onbruikbaar. Plante vrek later omdat die grond nie water kan opneem nie. Verder word die chemikalieë en nitrate sistematies deur vloedwater in die riviere afgespoel.
Hierdie en ander daaglikse aktiwiteite wat negatiewe chemikalieë in die omgewing versprei, het sistematies ’n negatiewe uitwerking op die omgewing en dra daartoe by dat die water van die Goreangabdam nie meer gebruik kan word nie, en dit beïnvloed die waterkwaliteit van die Swakoppoortdam.
Basiese gryswaterstelsels wat nie ordentlik bestuur word nie, ontwikkel ’n onaangename stank en vermors ook baie water omdat mense nie bewus is hoeveel water na ’n enkele gebied gelei word nie. Gryswaterstelsels gebruik water dus ondoeltreffend.
Die beste opsie vir dorpe sou wees om slegs gryswaterstelsels toe te laat wat deur ’n goedgekeurde maatskappy gediens word. Die ideaal is om slegs huurstelsels toe te laat. Indien ’n gebruiker nie meer vir die diens wil betaal nie, word die hele stelsel verwyder. Sodoende word slegs behoorlike stelsels wat reg bestuur word toegelaat en die kopseer van munisipale toesig en beheer word uitgeskakel.
Uiteindelik is dit beter en meer doeltreffend om water doelbewus uit te dra na sekere plante, as om ’n ondoeltreffende gryswaterstelsel sleg te bestuur en onbewus chemikalieë in aggressiewe skoonmaakmiddels in die tuin los te laat.
Doeltreffende waterverbruik en doelbewuste waterbesparing vereis dissipline en ’n positiewe ingesteldheid om volhoubaarheid in Namibië te verseker.
* Bydrae verskaf deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie