Die waterkrisis en karwasserye
Die waterkrisis en karwasserye

Die waterkrisis en karwasserye

Dani Booysen
Hoewel dit ''n waterintensiewe besigheid is, ondersteun die munisipaliteit van Windhoek die kommersiële was van voertuie – mits dit aan regulasies voldoen.

Die onus berus by die bestuur en personeel van so ''n karwassery om te verseker dat water so ­doeltreffend as moontlik benut word.

''n Karwassery kan tydelik gesluit word as die onderneming nie verslae kan toon wat bewys dat water doeltreffend benut word nie. Ongelukkig is daar nie ''n volledige lys van karwasserye in die hoofstad beskikbaar nie.

Daar is sowat 30 kommersiële karwasserye in Windhoek en meer as 500 onwettige bedrywe. Dit skep ''n wanopvatting oor die beskikbaarheid van water en hierdie bedryf is uiters moeilik om te bestuur of te reguleer.

Die groot aantal onwettige ­karwasserye en ongeregistreerde persele vir die was van motors en vlootvoertuie is ''n werklike ­uitdaging. Waskuipe by sulke plekke voldoen meestal nie aan bouregulasies nie en water word ondoeltreffend gebruik. Meer as die gemiddelde sowat 30 kiloliter water vir die was van een voertuig word gebruik.

Alle wette en regulasie vir karwasserye moet toegepas word. Dit sluit in:

• Volledige voldoening aan bouregulasies

• Geldige sertifikate en registrasie

• Voldoening aan voorgeskrewe waterbestuurspraktyke

Dit is in die belang van die munisipaliteit van Windhoek om ''n veilige en voorspoedige omgewing aan alle inwoners van die hoofstad te voorsien. Deur wette en regulasies af te dwing, kan ''n regverdige en volhoubare sake-omgewing in stand gehou word.

Elke eienaar van ''n besigheid moet seker maak dat hy/sy wette en regulasies nakom. So kan ondernemers ''n veilige en voordelige omgewing vir hul werknemers en kliënte skep.

Water moet tydens die huidige krisis volhoubaar benut word sodat voorsiening – ook vir noodsaaklike funksies - nie in die weegskaal beland nie. Verantwoordelike en gesonde oordeel en behoorlike bestuur en toesig deur alle inwoners en besigheidseienaars word waardeer. Net dan sal daar water vir almal wees.

Vanaf 23 Januarie 2017 sal watertoevoer na huishoudings wat uitermate baie water gebruik, opnuut opgeskort word totdat sulke erwe minder water benut.

''n Beleid van geen genade vir misbruike sal in die nuwe jaar voortduur.

Damme – die primêre waterbron vir Windhoek – sal teen Januarie leeg wees. Verantwoordelike ­watergebruik is nou deurslaggewend om die ekonomie aan die gang te hou.

Kom ons red ons toekoms deur elke moontlike druppel water te bespaar.

* Bydrae verskaf deur die ­munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van ­wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!