Die waterkrisis, kwotas en die afsny van toevoer
BYDRAE DEUR DIE MUNISIPALITEIT VAN WINDHOEK:
Waterbeperkings is op almal se lippe. Hoekom is daar nie waterbeperkings nie, wanneer sal die munisipaliteit ons water afsny? Hoekom word daar nog gebou?
All die vrae is regverdig, as in ag geneem word dat ons tans die ergste droogte in dekades ervaar. Die droogte dwing ons om al die waterreserwes wat beskikbaar is, te gebruik and selfs op te gebruik. Teen die einde van 2016 sal die damme leeg wees. Die damme waar gewoonlik 70% van Windhoek se water vandaan kom, gaan binnekort geen water meer lewer nie.
DIE AKWIFER
Wat doen NamWater om water aan Windhoek te lewer as die damme leeg is?
Dit is onstellend om te weet dat NamWater staat maak op die Windhoek-akfiwer. Namwater wil graag in die Windhoek-akwifer belê om sodoende besluitregte te werf. Dit is nie goed nie, want dit bring die watervoorsiening van Windhoek na 'n enkel besluitsanalise. NamWater is 'n bedryfsorganisasie en is beperk tot hierdie sektor. Die ministerie van landbou, water en bosbou en die department van waterwese is verantwoordelik vir nuwe waterontwikkelingsprojekte vir Namibië.
Wat doen Stad Windhoek om watervoorsiening te bedryf?
Stad Windhoek bly vir Windhoekers en hulle water verantwoordelik. Tans is dit moontlik omdat die munisipaliteit op verskeie projekte soos die semi-gesuiwerde waterskema, die WINGOC waterherwinningskema en die boorgatskema kan staatmaak om water aan Windhoek te lewer. Stad Windhoek poog ook om hierdie skemas verder te ontwikkel.
KWOTAS EN DIE AFSNY VAN TOEVOER
Hoekom word geen beperkings oorweeg nie?
Beperkings is prosesse wat waterlewering aan 'n huishouding, onderneming, woonbuurt of stad inperk of afsny.
Hierdie konsep is vir Stad Windhoek die laaste uitweg. Die beste is as almal water spaar sodat die aanvraag na water minder is as die water wat gelewer kan word. Sodoende word die minste ongerief ervaar en word die kleinste negatiewe ekonomiese impak ervaar. Verder word daarmee 'n verskeidenheid tegniese probleme vermy.
As ons nie die 40% besparingsteiken bereik, wat sal Stad Windhoek doen?
Daar is verskeie prosesse wat oorweeg word en wat sistimaties in werking gestel mag word.
Die prosess om waterkontrakte met groot industriële waterverbruikers in te stel en om sodoende water voorsiening te stabiliseer, is al in werking en sal verder uitgebrei word.
Die proses om groot huishoudelike verbruikers te motiveer om water verantwoordelik te gebruik, sal nou in werking gestel word.
Dit behels dat watertoevoer na hierdie verbruikers beperk word. Slegs baie lae volumes water sal beskikbaar wees vir die verbruikers. Die verbruiker sal 'n navraag moet rig aan die bestuur van debiteure om toevoer te herstel.
Slegs as die verbruiker aan die vereistes voldoen, sal water binne 48 uur aangesluit word.
• Instansies en groot verbruikers waar water vermors word, sal in kennis gestel word en hulle watervoorsiening sal afgesluit word. Die proses sal gedurende September in werking tree.
• Karwasbesighede moet aan die gemiddelde beperking van 30 liter per voertuig voldoen. Die besighede wat nie bewyse hiervan kan lewer nie, sal ingeperk word.
Die waterafdeling van Stad Windhoek hoop dat hierdie programme voldoende sal wees om die 40% besparing te bereik.
Ons bespaar tans meer as 30% van die gewone verbruik. Dit is noemenswaardig en almal wat hieraan deelneem en sodoende die watervoorsiening en die ekonomie help stabiliseer, kan trots op hierdie besparing wees. Ons moet egter ten minste 40% bereik.
NEEM DEEL
Daar is tans 'n waterbesparingskompetisie op Facebook om basiese besparingsbeginsels met die gemeenskap te deel. Almal kan deelneem en pryse wen vir hulle waterbesparingswenke.
Die kompetisie word aangebied deur die Recycle Namibia Forum tesame met Stad Windhoek, Ohlthaver & List en Rent-a-Win. Besoek www.facebook.com/RentAWinNamibia.
Die Recycle Forum of Namibia is ook besig om 'n waterbesparingsprogram in te sluit by hulle jaarlikse herwinningskompetisie. Die skole wat die beste waterbesparings implimenteer, sal pryse wen. Die tema is om waterverbruik te verminder deur die konsep van die drie R'e, naamlik “Reduce, Reuse and Recycle”.
Die idee is om waterbesparing 'n prettige uitdaging te maak. Om water te bespaar, is in Namibië ou nuus. Dink net aan die Dorslandtrekkers en ander geskiedkundige informasie. Kom ons wees realisties: met 'n bietjie waterbesparing bly sommer 'n hele paar dollars oor om aan die einde van die jaar 'n vakansie te hou.
Wees deel van ons besparingskompetisie om Windhoek se ekonomie te stabiliseer.
* Bydrae verskaf deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie