Die waterkrisis: Lekkasies is peperduur
Die waterkrisis het die munisipaliteit van Windhoek gedwing om streng waterbesparingsmaatreëls af te kondig.
Dit sluit verhoogde watertariewe in en die afskaffing van afslag vir waterlekkasies.
Die doelwit hiermee was om verantwoordelike verbruikspatrone aan te moedig en om onnodige verbruik en lekkasies te beperk.
Elke inwoner is ''n verbruiker en is dus verantwoordelik om water te spaar.
Huurders en beamptes in beheer van ''n gebou, is verantwoordelik vir die water wat by ''n gebou verbruik word en die water wat verlore gaan. Hierdie persone sal indien vermorsing plaasvind, die gevolge van bykomende koste en moontlike verdere beperkings dra.
Net diegene wat help om water te spaar, behoort die reg op toegang tot water te hê.
Huurders en ander verbruikers moet vir lekkasies betaal omdat dit hul plig is om waterverbruik behoorlik te bestuur. Die eienaar kan net aanspreeklik raak vanaf die datum waarop hy/sy oor ''n lekkasie ingelig is.
VEREISTES VIR WATERBESTUUR
Jy moet weet wat jou daaglikse, weeklikse en maandelikse waterverbruik is.
Werklike verbruik moet gereeld aan verbruiksmikpunte gemeet word. Die waterrekening is ''n rekeningkundige werktuig, nie ''n bestuurswerktuig nie. Die watermeter moet dus gelees word om verbruik te bereken en enige moontlike lekkasies so gou moontlik te identifiseer.
Toets vir lekkasies deur alle krane toe te draai en te kyk of die watermeter steeds loop. Moenie tydens so ''n toets enige water gebruik nie. Isoleer lekkasies dadelik by die punt waar dit plaasvind.
Die verbruiksmikpunte in die grafiek hiernaas kan as gids dien om te bepaal of werklike verbruik aan besparingsdoelwitte voldoen.
Huishoudings wat uit minder as vier (4) persone bestaan, kan dit moeilik vind om aan hierdie doelwitte te voldoen. ''n Groot hoeveelheid mense sal egter wel verbruik maklik tot hierdie teikens kan beperk.
Wanneer jy alles doen om water te bespaar, maar verbruik is steeds meer as hierdie maatstaf, is dit waarskynlik weens ''n lekkasie/s. Stel dadelik ondersoek hierna in.
Lekkasies kan ''n huishouding maandeliks tussen N$1 000 en N$100 000 kos.
Dit is daarom noodsaaklik om minstens een keer per week die watermeter te lees.
Sluit watertoevoer af wanneer daar vir langer as 24 uur niemand by die huis of op die perseel is nie.
Tegnologie kan help om groot lekkasies te identifiseer, maar klein lekkasies kan net opgespoor word deur die watermeter vir drie tot ses ure lank dop te hou – sonder om enige water te gebruik. Die meterlesing in hierdie tyd is die hoeveelheid water wat weens ''n lekkasie/s verlore gaan.
Jy kan aan die hand hiervan ''n som maak hoeveel water oor ''n periode van 30 dae verlore gaan en hoeveel dit jou sal kos. Sien die watertariewe langsaan.
Hoe langer lekkasies voortduur, hoe groter die koste. Lekkasies neem boonop gewoonlik met tyd toe.
Ons het geen water om te vermors nie. Wees verantwoordelik, bestuur jou verbruik en herstel lekkasies onmiddellik.
* Bydrae verskaf deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie