Die waterkrisis: Slim bybehore
Waterdoeltreffende toerusting is nie net belangrik omdat die verbruik verminder nie, dit is ook ''n slim belegging wat koste met tyd verhaal.
Indien jy geen waterdoeltreffende bybehore in jou badkamer het nie, sal dit ''n goeie Kersfeesgeskenk aan jouself en jou gesin wees. Jy kan toilette, stortkoppe en krane vervang, of in ''n waterdoeltreffende wasmasjien of skottelgoedwasmasjien belê.
TOILETTE
''n Moderne toilet met ''n dubbele spoelfunksie kan waterverbruik per volle spoel van 11 liter tot ses liter verminder. ''n Halwe spoel gebruik net drie liter eerder as 11 liter.
Vir ''n gesin bestaande uit vier persone, sal die besparing 14 400 liter per jaar vir ''n volledige spoel en 34 560 liter per jaar vir ''n halwe spoel beloop. Jy kan sodoende omtrent een vyfde van verbruik bespaar - sonder groot moeite.
Die geskatte besparing sal N$1 200 per jaar wees.
STORTKOPPE
Waterdoeltreffende stortkoppe het baie voordele benewens besparing.
''n Gewone stortkop laat 20 liter water per minuut vry. Sonder ''n stortkop sal die vloei 40 liter of meer per minuut wees, afhangende van die waterdruk.
''n Waterdoeltreffende stortkop verminder vloei tot tien liter per minuut. Dit versprei water eweredig en sonder lug in die water word sepe en olies vinniger afgespoel.
''n Gesin van vier persone kan so hul waterverbruik met 50 000 tot 60 000 liter per jaar verminder en sowat N$1 520 bespaar.
KRANE EN URINALE
Waterdoeltreffende krane bied soortgelyke besparings. In die proses word ook minder elektrisiteit gebruik - ook geld wat na die verbruiker se sak terugvloei. Hierdie besparings kan twee keer soveel wees as die bedrag van N$15 200.
Vir besighede is waterlose urinale ''n slim belegging, maar behoorlike skoonmaakprosesse is belangrik. Sulke urinale behoort twee keer per dag met die regte sanitêre middel bespuit te word.
Die geskatte jaarlikse besparing hierdeur is 60 000 liter en teen huishoudelike tariewe beloop dit N$1 700. Teen tariewe vir besighede sal die besparing sowat N$3 000 per jaar wees.
REUSE-IMPAK
Slim beleggings soos hierdie - ook as Kersgeskenke - kan lewenstandaarde help verbeter benewens om geld te spaar en volhoubare waterbestuur te ondersteun.
Indien alle inwoners sulke bybehore gebruik, kan Windhoek alleen as gevolg daarvan 60% minder water gebruik en 30% waterdoeltreffendheid bereik. Aanvraag sal in die proses met 20% verminder.
Dit sal ''n reusestap vooruit wees vir die toekoms.
Argitekte en ontwikkelaars behoort daarvan bewus te wees dat munisipale regulasies reeds sedert 1996 waterdoeltreffende toerusting vir alle nuwe geboue en restourasiewerk voorskryf. Huiskopers en huurders het die reg en verantwoordelikheid om op sulke toerusting aan te dring, of op afslag op die huurbedrag indien sulke toerusting ontbreek.
• Bydrae verskaf deur die munisipaliteit van Windhoek se afdeling vir die bestuur van wateraanvraag. Lesers kan vrae oor waterbesparing aan Republikein stuur vir beantwoording deur die munisipaliteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie