Die week se resep
Die week se resep

Die week se resep

Jacqueline Louw
Botterskorsiesop met spek
Bestanddele:
2 botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
Sout en peper
½ teelepel fyn kaneel
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn neutmuskaat
250 ml groenteaftreksel
250 ml water
250 ml room
Gekapte spek na smaak
Maak só:
Kook die botterskorsie in die water en groenteaftreksel tot sag. Wanneer die botterskorsie sag is, voeg die fyn kaneel, gemmer, naeltjies en neutmuskaat by en versap tot glad. Geur met sout en peper na smaak en prut vir 5 tot 10 minute. Voeg room by en verwyder van hitte. Garneer met brosgebraaide spek en ekstra room.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!