Die week se resep
Quiche Lorraine
’n Goeie quiche Lorraine is so klassiek soos ’n Franse baguette en is deel van die Franse kulinêre erfenis. Die oorsprong daarvan is eintlik Duits, maar op een of ander manier het dit Frans geraak met die byvoeging van kaas tot die resep in die Lorraine-streek in Frankryk. Hierdie resep van http www.thefoodieskitchen.com is perfek vir ’n ligte middagete saam met ’n spinasieslaai met geroosterde dennepitte, radyse en avokado. En die beste van alles: Dit neem net 10 minute om voor te berei.
Bestanddele (vir 4 tot 6):
200 g gekapte spek
4 eiers
150 ml crème fraîche
2 hande vol gerasperde, beleë cheddar- of emmentalkaas
5 g gemaalde neutmuskaat
Sout en peper na smaak
230 g skilferkorsdeeg (’n goeie gehalte winkelproduk)
Maak só:
Voorverhit die oond tot 22 grade Celsius.
Braai die spek sonder olie tot goudkleurig en gaar. Plaas eenkant op papierhanddoek om oortollige vet te absorbeer. Meng die eiers, melk, crème fraîche, neutmuskaat, sout en peper in ’n mengbak totdat die mengsel lig en effens skuimerig is. Rol die pasteideeg uit en voer ’n bakpan daarmee uit. Giet die eiermengsel in die pan en sprinkel die gerasperde kaas en spek egalig daaroor. Bak vir 30 minute and laat staan vir 5 minute voor opdiening.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie