Die week se resep: Druiwetert
Hierdie seisoenale druiwetert van www.elle.fr is perfek vir die oesseisoen. Gebruik klein donkerpers druiwe sodat jy nie die druiwe hoef te ontpit nie. Die amandelroom en druiwe vorm ? heerlike kombinasie. Vir ? laekoolhidraattert vervang die kors met ? amandelkors, die mielieblom met pylwortelpoeier (“arrow root”) en die suiker met ? versoeter van jou keuse.
Bestanddele:
Vir die vulsel
500 g donkerpers druiwe
Vir die pasteideeg
240 g koekmeel
1 eiergeel
90 g botter (kamertemperatuur)
75 g strooisuiker
60 g gemaalde amandels
45 ml koue water
1 knippie sout
Meng die botter, eiergeel en sout in ? groot mengbak. Voeg die gemaalde amandels en genoeg water by om ? gladde deeg te vorm. Vorm die deeg in ? bal en hou in die yskas vir ten minste twee ure.
Vir die amandelroom:
60 g gemaalde amandels
65 g suiker
2 eiergele
¼ teelepel vanielje-ekstrak
60 g botter
25 g mielieblom
50 ml melk
Maak só:
Verhit die oond tot 180°C.
Smelt die botter teen ? lae temperatuur in ? pot, voeg dan die amandelmeel, mielieblom en melk by. Klits die eiergele saam met die suiker in ? mengbak tot lig en donsig. Verwyder die botter- en meelmengsel van die stoof en voeg die eiermengsel en vanielje-ekstrak daarby. Meng met ? houtlepel totdat die room glad is, plaas terug op die stoof en roer aanhoudend totdat die room verdik het. Verwyder die mengsel van die stoof, giet in ? mengbak en laat dit afkoel.
Voer ? tertpan met die pasteideeg uit, prik die bodem ? paar keer met ? vurk en vul die tert dan met die amandelroom. Maak die oppervlak van die room glad met ? spatel.
Bak vir 15 minute, plaas die druiwe op die amandelroom en bak vir ? verdere 15 tot 20 minute. Laat afkoel en plaas in die yskas vir 30 minute. Net voor opdiening, maak 2 eetlepels druiwekonfyt (of enige ander bessiekonfyt) warm en verf oor die tert.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie