Die weermag en polisiëring
Die voorval waartydens 'n soldaat verlede week 'n taxi-bestuurder by 'n nagtelike padblokkade doodgeskiet het, moet behoorlik ondersoek word.
Saam met ander beweringe van onnodige geweld en intimidasie tydens Operasie Kalahariwoestyn en sy voorganger Hornkranz, skep die gebeure geregverdigde angstigheid en kommer. Dit versterk ook negatiewe persepsies oor 'n “skietmal” weermag.
Selfs al het die noodlottige koeël van die bakwerk afgeskram, is dit nie bloot 'n hartseer “ongeluk” nie. Beskikbare inligting oor die omstandighede verduidelik nie hoekom op die verdagte huurmotor geskiet is nie.
As die polisie, soos beweer word, in beheer van die gesamentlike operasies is, hoekom het 'n soldaat die skietwerk gedoen? Op bevel van 'n polisiebeampte (wat nie saam in die beskuldigdebank staan nie)?
Dit maak sin dat die regering nie sommer gaan toegee aan eise om die weermag te onttrek of die operasie te staak nie. 'n Mens moet ook saamstem dat individuele oortreders binne die wet vervolg moet word.
Dit is egter 'n ope vraag of dit met alle polisiebeamptes en soldate gebeur wat hul aan vergrype skuldig maak.
Hoewel die publiek vir geruime tyd voorgestel het die weermag moet by misdaadbestryding betrek word, regverdig dit glad nie onregmatige en selfs kriminele optrede nie.
Daar kan ook nie agter die erkenning geskuil word dat soldate nie opgelei is om met burgerlikes te werk nie. In 'n land sonder vyande, soos Namibië, moet soldate uit die staanspoor opgelei word om militêre en burgerlike pligte uit te voer en duidelik daartussen te onderskei.
So sê ander
18 Junie 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die aankondiging van 'n nuwe kontrakteringsmodel vir Suid-Afrikaanse rugby, waarvolgens die geldkoek onder meer spelers verdeel sal word, het die vrees laat ontstaan dat nog meer top-Bokke hulle by oorsese klubs gaan aansluit.
Die teenredenasie weeg egter swaarder.
Syfers wys dat nagenoeg 70% van al die geld wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) van 2016 tot 2018 op Springbok-kontrakte en wedstrydgeld bestee het, in die sakke van 'n derde van die spelers beland het. Gemeet aan Suid-Afrika se beskeie wenrekord, is dit allermins 'n geval van verbluffende waarde wat ontgin word.
Die meeste spelers in Suid-Afrika is aspirant-Bokke en diegene wat as spelers van nasionale belang beskou word, sal 'n bybetaling op hul provinsiale kontrakte kry – iets wat hulle dalk uit die kloue van oorsese klubs kan hou.
'n Positiewe aspek van die nuwe kontrakteringsmodel wat ook nie misgekyk moet word nie, is dat spelers wat van 2020 af hul Superrugby-debuut maak, hulle vir drie jaar tot Suid-Afrikaanse rugby sal verbind.
Daar gaan natuurlik geboortepyne wees, maar die nuwe kontrakteringsmodel dien ons rugby beter omdat meer spelers meer gaan verdien.
Suid-Afrikaanse rugby se heil lê nie in die hande van 'n groepie elite-spelers nie.• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie