Die wêreld moet weet
Anoniem skryf:
Eens op ''n tyd het ''n swerwer-jagtersvolk die woestyngebiede bewoon.
Vreedsaam en totaal onafhanklik van die wêreld het hulle in klein groepies rondgeswerf om vir die maag te jag en veldkos te soek. Nie om te mors nie, maar net vir oorlewing, net soos die diere van die veld met wie hulle in harmonie saamgeleef het.
Dit was en dit is die San-volk van Namibië.
Met die jare is hulle egter teruggedryf en van hul grondgebied beroof deur ander volke, tot waar hulle uiteindelik hier in die noordooste van die land tussen die 18de en 19de breedtegraad beland het.
Vir baie jare was dit net die !Kung wat hul tradisionele lewe voortgesit het.
Baie het mettertyd by boere gaan werk. Ander het die vryheid van die veld opgesoek.
Die gevolge en dade van die Westerse beskawing het egter ook op hulle toegeslaan met hoofsaaklik negatiewe gevolge.
In 1974 het die Suid-Afrikaanse magte die gebied binnegekom en basisse gestig. Die jongmanne van die San was opgeneem en as spoorsnyers gebruik en het toe werklik met geld kennis gemaak.
Die weermag se kantiene was uiters gewild en soos hulle die drank opgeslurp het, het die drank hul geld opgeslurp en ook hul tradisionele waardes. Die San het aan die einde van die dag totaal afhanklik geraak van ander volke.
Die ou Boesmanland, wat nou Tsumkwe-Oos/-Wes heet, sou nooit weer dieselfde wees nie.
Grondvergrype het begin weens die Herero-volk wat met hulle beeste ingetrek het. Alreeds in 2005 het die Herero-sprekende boere bevestig dat hul grond in Boesmanland vir so min as N$10 000 gekoop het. Die grootte was nie hier ter sprake nie; waar ''n Herero is, is ''n beesboer en beeste het weiding nodig.
Die kaptein van die San, wyle John Arnold in Omatako wat van gemengde herkoms was, was baie gewild by die regering van die dag en was ook een van die hoofmanne wat ''n bakkie as geskenk gekry het.
Hy het blykbaar nie baie omgegee vir die behoeftes van sy eie mense nie en het groot stukke grondgebiede aan baie Owambo-sprekendes afgestaan. Ook het die Owambo''s die reg gekry om sjebeens op te sit, wat die karige pensioengeld van die ou San-mense ingepalm het.
In 2012 het die kaptein van die San in ''n motorongeluk gesterf. Vir meer as twee jaar was Tsumkwe-Wes herderloos, maar het dit ''n goeie geleentheid gebied vir die instroming van baie Owambo''s wat met onwettige toestemming en ook daarsonder duisende hektaar van die San se grondgebied beset en omhein het. Die besetters is arrogant en het al mense met die dood gedreig.
In die proses van omheining word duisende beskermde bome, veral kameeldoring en selfs kiaatbome, op die duine afgekap. In hierdie opsig is verskeie kere aan die polisie en bosbou gerapporteer, maar sonder enige reaksie van hulle kant. Boetie-boetie?
Wat sal kommersiële landbou en die Europese Unie sê as hul hoor daar is bewerings dat van hierdie besetters beeste slag en danksy omkopery die vleis uit hierdie omstrede gebied vat?
Wat sal die inspekteur-generaal van die polisie sê as hy hoor dat een van sy offisiere ''n sjebeen in die besproke area het en die drank met sy polisievoertuig aanry terwyl geen kar reageer op klagtes soos hierbo genoem nie?
By wie koop jy grond wettiglik? Waarom was daar beslag gelê op die beeste van die Herero''s wat ''n paar jaar gelede uit die Gam-gebied in Tsumkwe-Oos ingetrek het?
Kan hierdie stilswye en stille goedkeuring van ons regering nie dalk ekonomiese gevolge, soos afgradering, vir ons land inhou nie?
Kan ons nie liewer die San-volk ophef en red van uitwissing en armoede nie?
Wat het geword van die plase wat ontwikkel sou word deur die regering? ''n Projek wat nou al vir die laaste 10 jaar op die tafel is.
Baie van die San-mense het goeie boerderykennis by die kommersiële boere opgedoen en is uiters gretig om aan die projek deel te neem.
Daar is egter ook kommer by hulle dat die plase hoofsaaklik na Owambo-sprekende mense sal gaan.
Kan ons president Hage Geingob nie ''n onafhanklike kommissie uit verskeie groepe aanstel om hierdie vergrype en korrupsie in Tsumkwe-Wes te ondersoek nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie